• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

fishing2907
Jare gelede, het ons een keer gaan uitspan by die kus. Vir ‘n binnelander was varswater visvang nog nooit regtig iets wat my belangstelling kon behou nie. Ek dink dit het te make met twee goed. Eerstens is dit vir my sinneloos om visstokke op standers te sit en die heeldag voor jou uit te staar, en tweedens, die aas wat gebruik word veroorsaak ook ‘n probleem, dit hou nie. Ek eet dit gewoonlik self op.

Hengel by die see is vir my opwindend. Daar is heeltyd aksie. Al is dit nie die visse wat byt nie, is daar altyd beweging op die stok, selfs al word dit net veroorsaak deur strome. Ek kan myself ongelukkig nie klassifiseer as ‘n gesoute “visterman” nie, ek kan selfs nie eers spog oor daai grootte wat weggekom het nie. Daar was eenvoudig nog net nie so een nie. En met wegkom bedoel ek eintlik daar het nog nie eers so een aan my aasies kom proe nie. My visgerei aan die anderkant is ook nog dieselfde wat ek as 11-jarige seuntjie gebruik het in Swakopmund.

Die een oggend is ek oorgehaal om vroeg vroeg stokke te gaan natmaak. Die spesifieke oggend was ek egter nie alleen op die spot wat ek myself toegeken het nie, maar twee ander ouens was ook reeds doenig daar. Nou ja soos met die storie van die pienk toonnaels in die sauna, was daar nie regtig 'n ander keuse as om maar saam te vang nie. Hierdie keer het ek egter Zelda se oupa se visstok (bamboes tipe), krom en vol skete, met 'n miniatuur katrol (altans dit het so gevoel) gereed gemaak om die aas te water te laat. Nou ja, die manlike tostesteroon het 'n uitwerking waar jy nie regtig 'n seggenskap het oor ego nie. My ego het bepaal dat as ek hierdie hoek en sinker nie vêr gaan ingooi nie, is my "image geskend" (Nie dat mans 'n probleem het met image nie nê?)

Die ander twee was toe nog besig om gereed te maak, maar omrede my goed redelik primitief was, was ek natuurlik eerste slaggereed. Ek maak maar ook of ek al ‘n gesoute visterman is en jy presies weet waar jy jou aas in die water wil hê en hoekom. In my binneste het daar egter ‘n ander storie afgespeel. Ek het net geweet, vergeet van die vis, gooi net die aas en sinker so vêr as moontlik in, red net jou naam... My ingooi was toe nie te sleg nie maar nou ook nie juis soveel van 'n treffer nie. Hopelik genoeg om my beeld te red, maar my ego het my herhinner dat die twee maters met hul fancy visstokke, met katrolle so groot soos sokkerballe, vir my soos ‘n kaboutertjie gaan laat lyk.

Wat ek egter nie besef het nie, was dat hierdie maatjies, in hulle grêndgeit, nie hierdie visstokke kon hanteer nie, nog te sê dit kon regkry om die sinker verder as 5 m voor hulle te gooi. Sien, dit was ook hulle eerste keer….. Ek het lekker in my mou gelag, eers vir myselfse testosteroon en toe vir hulle onbeholpenheid.

Voel dit soms vir jou of jy as Christen sovêr te kort skiet as jy na ander Christene kyk? Dis seker maar deel van ons natuur. Ons is heeltyd besig om, dalk soms onbewustelik, onsself te vergelyk en te meet met ander mense, nie net in die sekulêre lewe nie, maar ook geestelik. Ons voel minderwaardig as ons kyk na ander ouens. Hulle lyk so geesvervuld, so geestelik volwasse, so vol geloof, so suksesvol…

Jy voel dalk dat die Here jou nooit kan gebruik nie, jy voel of jy net nooit by daardie hoogsheilige vlak van ander Christene ooit sal by kan uitkom nie. Laat ek jou vandag sê dat jy geensins na ander mense ooit hoef te kyk om jouself te peil nie. In Jesus se teenwoordigheid het ek nie nodig om myself te bewys nie. Jesus kyk net na een ding, en dis jou hart se motiewe. Daar is nie ‘n telkaart in die hemel waarmee ons prestasies en heiligheid gemeet word nie, Jesus gee veel meer aandag aan iemand wat in afhanklikheid na Hom draai en sê: “Here ek het U nodig in my lewe”

Raak rustig en geniet die lewe ! Jy is duur gekoop.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

God bly in beheer

gulfwar
Die Golf Oorlog wat destyds erg (amper skryf ek “mooi”) aan die gang. As ek reg kan onthou was dit in die laat tagtigs. Ek kan die dag goed onthou en spesifiek waar ek ook geloop het die oomblik toe die gedagte waaroor ek wil gesels by my opgekom…

Hoe reageer jy?

clay2906
‘n Paar jaar gelede kry ek vroegoggend, nog voor werk, ‘n oproep van iemand wat seker 10 jaar tevore vir my en Zelda sleg tenagekom het. Wat hy destyds gedoen het, is nie regtig belangrik nie. Hierdie persoon, het ons reeds lankal daarvoor vergewe,…

25 Februarie 2008

Ek hoop jy het lekker gerus die naweek! Ons is so gebless met jou wat kom inloer en sal ons nog eendag vir jou ‘n getuienis gee van Bertus (www.hiswordministry.com) se profesie en hoe dit so te sê oombliklik daarna begin gebeur het rakende ons…

“Dis nou genoeg!”

armed1408
Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos. Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die…

Moet dit nie te vêr druk nie

kaart1308
"Poedingbakkies" was sy naam. Ek en hy was sedert st 5 saam in die klas, in dieselfde koshuis en nogal goeie pêlle. Dis Villiersdorp se wêreld hierdie. In teenstelling met Nollie se geweste het ons krieket pitch darem taai gebly en nie uitermatig…

Mr Fischer

peter-fischer
Mister Ficher, Mister Peter Fischer was 'n regte Engelse heer, met 'n swaar Skotse aksent het enige nuwe boertjie in Kimberley gesukkel om hom altyd te verstaan. Maar hy was 'n regte ou gentleman. Tee gedrink stiptelik om vier uur, 'n very prim en…

Some people just don't get it

police0206
Recently I read this story; Two men were taking a coffee break, when an acquaintance rushed in, upset and out of breath. "You won't believe this," he said. "I was almost killed on the way to work this morning." He gasped for breath as he continued:…

Realiteit

driving0505
Die musiek in my oorfone is lankal reeds stil, al wat oorbly is my ore wat lekker warm gehou word deur hulle. Alles rondom my is stil, die nag trap reeds diep spore en ek sit ingedagte voor die rekenaarskerm toe Conrad besluit om uit te vind hoekom…

Haal meer uit die lewe op aarde

brief0309
Gedurende ‘n grenskamp in 1989 word almal deur die dominee aangemoedig om huis toe te skryf want die mense by die huis kla hulle nie weet wat aangaan en of hulle mense darem nog “oraait” is nie. Huistoe skryf was vir my altyd lekker en ek het altyd…

My Hart

heart2007
Getrou verskyn my Outlook "reminder" presies om 8H00 elke oggend op my rekenaarskerm. My gebedslys verskyn en name daarin is netjies gerangskik ondermekaar. My oê hardloop daaroor en elke oggend is daar ander name wat op my hart gelê word om voor in…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

Lewe in Sy goedheid

image
Untitled Document “Het Pa gelees wat jy in vandag se stukkie gesit het? Zelka sit met haar rug na my in ons kantoor. Haar opmerking se trant kan ek nie lekker vasvat nie. My eerste reaksie bevat ‘n tikseltjie paniek; paniek dat ek iets ingesluit het…

Deur watter lens kyk jy?

Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel…

Zoeloe-impie

running
Ek word so te sê elke dag daaraan herhinner. Dis ‘n beeld wat ek nooit ooit in my lewe sal vergeet nie. Joné (ons jongste dogter) was op daardie tydstip in Graad 7 gewees. Ek het haar die oggend by die skool afgelaai en weggery. ‘n Blok verder moes…

The best motivation

Something that really made me think today comes from one our our latest inspirational stories; I am learning that the best motivation, whether we want to accomplish a task, go back to school, start something new or kick a habit, usually comes from…

Sonsondergang in die Vrystaat

freestatesunset2707
Noem dit wat jy wil, maar ’n sonsondergang in die Vrystaat is soms baie spesiaal. Spesiaal genoeg dat ek dit wou waag om in die bitterkoue en in ‘n motreëntjie stilhou te hou op die N1 duskant Winburg om ‘n foto te neem. Hierdie helder rooi-pienk…

Ek het 'n 'Job' dankie

Apteker
‘n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir ‘n plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker…

Oor ‘n Koppie Koffie (08/10/2008)

En toe raak ons net weg… En die e-posse kom in… Met een sentrale tema; “Is alles oraait?” Alles is (nou weer) oraait en jammer dat ons nie net ten minste ‘n epos uitgekry het om jou net in te lig nie. Ek en Zelda waardeer regtig elke persoon se…

Verlore vakansiedag

vacation
Daar is twee dinge wat my spoed en gemoed ‘n ernstige knou kan gee. Wat my spoed gee is wanneer ek ‘n dag voor die tyd uitvind die volgende dag is ‘n vakansie dag. Wat my spoed breek is wanneer ek spoed gevang het oor ‘n komende vakansie dag om net…

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…