• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
cameleon
Hippies het almal blommetjies en VW Beetles vir vervoer, bergklimmers het berge en toue, Vlieëniers het almal vliegtuie, Terroriste bomme en wapens (waarnatoe ek hiermee gaan weet ek nog nie). Tuindienste het almal tuine. 'n Motor verkoopsman, motors. 'n Visserman 'n vistreiler of visstok.

Elkeen word uitgeken aan sy omgewing. Elkeen het iets wat hom of haar koppel en onderskeibaar maak in sy omgewing. Om identifiseerbaar te wees met jou omgewing is nie verkeerd nie.

Die probleem kom in wanneer mense verkleurmannetjies is. Hulle verander soos hulle omgewing rondom hulle verander. By die werk is hulle attensies onwelkom, vanmiddag na werk kuier hulle saam met ongure elemente. As hulle vanaand by die huis kom is hulle prim en proper. Saterdagoggend op die sportveld is hulle die katjie van die baan. Sondag is hulle heilig. Maandag by die werk…

Ek dink my voorbeeld is dalk wyd versprei, ek probeer maar net n prentjie skets. Waarskynlik was ons almal al op een of ander stadium maar verkleurmannetjies. Ek was ongelukkig ook al ‘n so ‘n goggatjie. My omgewing het my ingesluk of sal ek eerder sê ek het die omgewing se camouflage aangeneem. Weet jy watter woorde slaan vas? Die eerste keer toe ek Jesus se heiligheid verruil het vir die plesiere van die wêreld. “Ek het nou nie gedink jy is een wat…” kom die woorde aangerol terwyl ek in die broederskap verwelkom word. En die verkleurmannetjie neem die omgewing aan en die mense slaak n sug van verligting want nou kan hulle maar uithaak en laat waai want; Johnny-Boy is nou een van ons...

As ek vandag daaraan terugdink besef ek, ek was eintlik met respek dopgehou. Hier was nie iemand wat n fanatiese religious pyn in geselskap was nie, maar wel iemand wat bloot lief was vir Jesus en wat hierdie liefde vir Jesus opsy gestoot het om n verkleurmannetjie te word. Hierdie was baie jare gelede, en vandag is ek skaam want miskien sal iemand wat my jare laas gesien het, my vandag herken en sê; “Daars Johnny-Boy! - Hoezit my ou pêl?”

Snaaks genoeg, ons almal in daai groepie was op daardie tydstip Christene. Watter teleurstelling moes ek nie heelwaarskynlik gewees het vir jong Christene (wat daar wel was) wat my juis dalk dopgehou het nie? Dalk desperaat vasgehou het aan die beeld wat ek na buite gedra het om self geestelik te oorleef nie.

Klink hierdie dalk vêrgesog, uniek en uitsonderlik?

Wees maar net versigtig waar jy vandag trap, verkleurmannetjies is volop en boonop stadig.

Ek wil afsluit om jou te bemoedig met een laaste gedagte. Ek en jou optrede vandag kan beteken dat iemand of ‘n keuse vir of teen Jesus kan maak of selfs n broodnodige geestelike deurbraak kan beleef.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Ek glo in God - dit maak van my ‘n Christen

Jesus_n_radikale_sprong
Mense sê hulle glo in God. Dit maak dan van hulle Christene, reg ? Die Bybel sê die Duiwel en sy tjommies (demone) glo ook, nou hoe dan nou? Die Bybel gaan verder deur te sê, hulle glo nie net ook nie, maar hulle sidder. (In ons aangepaste taal,…

Jy moet net êrens begin

ConnectWithGod
Die Pa kom elke oggend die kamer van die kind binne. Al wat hy sê is "Word wakker, ek hoop jy het lekker geslaap, dis tyd vir skool toe gaan" So gaan dit jaar in en jaar uit. Elke dag dieselfde roetine. Ek vra vir myself : Watter verhouding het daar…

Verlore vakansiedag

vacation
Daar is twee dinge wat my spoed en gemoed ‘n ernstige knou kan gee. Wat my spoed gee is wanneer ek ‘n dag voor die tyd uitvind die volgende dag is ‘n vakansie dag. Wat my spoed breek is wanneer ek spoed gevang het oor ‘n komende vakansie dag om net…

Bergpiek

goldengate
Golden Gate - Oos Vrystaat Jare gelede het ons een naweek Golden Gate in die Oos Vrystaat besoek. Daar is die lekkerste voetpaadjies wat ‘n mens kan volg. Een van hulle en as jy tyd het (dalk moed ook inbring) is om oor die berg te loop. Dit is…

The best motivation

Something that really made me think today comes from one our our latest inspirational stories; I am learning that the best motivation, whether we want to accomplish a task, go back to school, start something new or kick a habit, usually comes from…

Komposhoop

composhoop1111
Mans kan op verskeie maniere middeljare krisisse beleef. Ek beleef dit in my verbeelding. Waar ander mans vir hulle plat motors of motorfietse aanskaf, het ek vir my 'n petrol aangedrewe "blare blaser" aangeskaf. Die eerste keer toe ek begin wonder…

Dink voor jy praat

zelda 714b0
Daar skort iets met katte se sin van rigting. Kenners besing katte se ore, oë en lyf. Hulle kan ‘n muis hoor nog voor hulle dit kan sien. Hulle kan snags ‘n repie maanlig aanwend en so goed sien soos die mens bedags. Hulle kan hulself met gemak…

Klou vas!

bobbejaanOpRug
Ek kan my altyd verkyk aan hierdie kleintjies wat ewe gedwee en met groot ogies die hele wêreld hier van onder die ma af beloer. Die ma kan maar gaan waar sy wil, swiep deur die bome of gallop op die grond, boetietjie klou vir Afrika. Ek het een…

God bly in beheer

gulfwar
Die Golf Oorlog wat destyds erg (amper skryf ek “mooi”) aan die gang. As ek reg kan onthou was dit in die laat tagtigs. Ek kan die dag goed onthou en spesifiek waar ek ook geloop het die oomblik toe die gedagte waaroor ek wil gesels by my opgekom…

3 sekonde reël

pfj0611
My oudste dogter kom ingestap en sê :" Pa weet jy hoeveel beteken die pfJ's vir my?" Ek glimlag en antwoord dat dit soms voel of ek hulle net vir myself opstel. Maar sy sê toe 'n baie interressante ding, en dit is dat sy soveel male al die inhoud…

"Unidentified hopefully consumable objects"

Food
“Wat moet ons hiermee maak?” “Wat is dit?” “Nie ‘n idee nie. Hoort dit hier? Is dit eetbaar?” “Ek kan nie sê nie. Kry een van die ouer garde om hierna te kom kyk” “En terwyl jy daarmee besig is, kyk in die argiewe of jy iets daaromtrent kan opspoor”…

Die “Basics”

steppingstones1010
Ek wonder of jy al die volgende grappie gehoor het; 'n Pastoor, Predikant en 'n Reverend besluit om saam te gaan visvang. Hulle roei die bootjie so 'n entjie van die kant af en begin alte lekker visvang. Sowat 'n uur en 'n half later is die Reverend…

Haal meer uit die lewe op aarde

brief0309
Gedurende ‘n grenskamp in 1989 word almal deur die dominee aangemoedig om huis toe te skryf want die mense by die huis kla hulle nie weet wat aangaan en of hulle mense darem nog “oraait” is nie. Huistoe skryf was vir my altyd lekker en ek het altyd…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

My eerste salaris

testimony0505
Tydens ‘n diens gee die prediker die geleentheid vir mense om ‘n getuienis te lewer. ‘n Baie welgestelde man staan op en sê; "Ek is ‘n multimiljoenêr en dit is alles te dankie aan die ryklike seëninge van die Here." sê hy. "Ek kan nog die draaipunt…

Sweef soos ‘n arend

soaring_eagle
“Sweef soos ‘n arend, want Sy liefde dra jou. so hoog, hoog bo die son.” lui die woorde van ‘n liedjie. Inderdaad kan ons so baie leer by die arend. ‘n Arend wag op die regte windstrome voordat hy sy nes sal verlaat. Wanneer hy wel vlieg maak hy…

My Hart

heart2007
Getrou verskyn my Outlook "reminder" presies om 8H00 elke oggend op my rekenaarskerm. My gebedslys verskyn en name daarin is netjies gerangskik ondermekaar. My oê hardloop daaroor en elke oggend is daar ander name wat op my hart gelê word om voor in…

Kennis of boesemvriend

masai0108
Onlangs op TV was daar ‘n dokumentêre program oor die Masai en veral oor hulle krygsmanne. Met hulle kenmerkende rooi kledingstukke is hulle dalk die Westerse ekwivalent van ‘n Pierre Cardin. As jy dalk nog wonder wie die ouens is, sal jy seker nou…

Deur watter lens kyk jy?

Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel…

Nors mannetjies

black-ants0308
Twee of drie keer per week bespeur ek die nors mannetjies op my tafel. Hulle is gewoonlik alleen. Hulle houding stink, hulle mors my tyd en irriteer my grensloos. Hoekom hulle my tafel kies, weet ek nie, hoekom hulle nie dalk in groepe kom nie, weet…