• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

NDP1108
Watter verpestelike gedagte was hierdie darem nie vir seker maar die meeste van ons nie. Hier van Grd 8 af het jy geweet daar kom 'n dag waaroor jy nie veel seggenskap het nie. Jy het altyd stories gehoor by die jonger seuns wat broers gehad het en wat grens toe is. Hierdie was nie iets waarna jy uitgesien het nie, maar jy kon ook nie help om aan al die nostalgie te dink en wat dit vir jou gaan inhou nie. Miskien het jy maar vir jouself probeer "boost" om positief te dink en daardeur jou vrese vir die onbekende te onderdruk.

Gelukkig was ek vir 6 jaar in die koshuis, so die werklikheid van jou ouershuis verlaat was darem nie te sleg nie.

Van orals oor die land het die treine ons kom oplaai. Skielik was ons in ‘n heel ander nuwe wêreld. Vreemde mense, vreemde omgewings en boonop, onbekende bestemmings.

My eerste kennismaking was met die "Dankie-tannies".

Met ons aankoms het hulle vir ons roomys kom uitskep ("dankie tannie"), hulle het vir ons elkeen ‘n messie gegee ("dankie tannie"), hulle het ons 'n pen en papier gegee ("dankie tannie") en dit terwyl die korporaals op 'n veilige afstand die skouspel (handjies gevou en ewe bedeesd) dopgehou het. Ongelukkig vir ons; toe daai laaste “dankie tannie” se karretjie om die draai verdwyn het, het daar ‘n onheilspellende stilte neergesak.

Sommige troepies het nog aan hulle roomysies gelek, toe al daai "fake" glimlagte van daai ooms se gesigte verdwyn het. Hel het losgebars. Nou het 'n klomp ongeskikte hardebaarde uit alle windrigtings eweskielik op my begin skreeu. Eerstens, ek het niks verkeerd gedoen nie en tweedens, ek was ook nie doof nie. Ongelukkig het hulle anders gedink. Hulle het duidelik nie dieselfde oortuiging gehad nie. Blykbaar was ons almal ook ongeletterd, hulle het gebare gebruik om presies aan ons te verduidelik wat hulle wou hê ons moes doen. En dan natuurlik het geen pes 'n idee gehad hoe om te tel of die horlosie te lees nie. Dis nie al nie. Daarby het geeneen van hulle ooit wiskunde op skool gehad nie. Nooit nie - nie in Sub A of in die kleuterskool nie - NIKS nie.

Alles wat ons moes doen moes binne 'n sekere tyd gebeur, “Troepe julle het 10 sekondes om om daardie boom te hardloop, 5...,6....,7.... beweeg!!!!....en bring vir my ‘n groen blaar saam!”

"Korporaal besef jy daai boom is 7 km vêr en dit het reeds al 5 jaar gelede al gevrek?”

"Push-ups"..........een...twee...drie...drie...drie....vier...vyf...."maaikie" wil nie saamwerk nie, een.... twee.... twee.... drie....”

"Korporaal, ons trek al by 700, nie 7 nie" Of hakkel jy bloot of is dit al weer jou wiskunde wat jou in die steek laat...?

“Watter plaas is hier in jou geweerloop...?”

“Gits korporaal – jy is nogal lekker dof vanoggend nê? Maak net die regte oog oop voordat jy deur die geweerloop probeer kyk!”

Dan het die kleinste korporaals gewoonlik die meeste lawaai gemaak. Ek dink hulle was bang dat van die troepe hulle dalk nie sou raaksien nie, en dan op hulle sou trap...of so iets.

Maar weet jy?, alles het 'n doel gehad. In enige weermag word jy doelbewus gebreek sodat jy nie op jouself sou staatmaak nie. In 'n oorlog situasie wou hulle nie hê dat jy moes dink nie, jy moes net reageer en nie wyfel vir 'n oomblik nie, dit kon jou en jou makkers se lewe kos. Buiten dit het hulle jou ook vertrou met duur en gevaarlike toerusting.

Die seun wat 3 maande tevore ingekom het, het nou plek gemaak vir 'n selfstandige soldaat, wat bereid was om sy lewe op te offer vir sy naaste.

Dieselfde beginsel geld vir ons as Christene. Hierdie is egter 'n vrywillige keuse om uit te oefen en om jouself aan te meld. Die wat wel aanmeld, word geleer hoe om te oorleef, en om te leef, hoe om situasies te hanteer. Ons word geleer dat ons wel gereed maak vir oorlog maar ons Bevelvoerder doen al die bakleiery Homself. Ons meld aan as gebroke en sondige mense, maar ons Bevelvoerder verander ons in lewendige en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is, Hy maak jou weer lewendig, gee jou 'n nuwe toekoms, nuwe hoop. Hy sê gereeld dat ons Hom moet ken met al ons probleme, Hy baklei die stryd vir ons, Hy staan in vir alles. Hy beskerm sy troepe in alle omstandighede. Hierdie Bevelvoerder het selfs al Sy lewe afgelê vir die wat nie eers in Sy weermag was nie.

Ongelukkig is daar baie troepe wat sê dat hulle in Sy weermag is, al het hulle bloot die kamp binnegesluip. Van hulle het selfs al die Bevelvoerder ontmoet, maar hulle sit rond in die basiskamp, weier om hulle hare te sny, weermaguniforms aan te trek en of om hulself bereidwillig te verklaar om opleiding te ondergaan. Omrede hulle geen opleinding ondergaan nie, kan hulle ook nêrens aangewend word nie. As die vyand die basis aanval, ontken hulle gou dat hulle deel is van die basiskamp en dan is hulle meer as bereid om die bevele van die vyand te gehoorsaam. Meestal word hulle spioene, met 'n missie om ander soldate se moraal te breek, gedurig negatiewe opmerkings te maak, met alles fout te vind. Soms plant hulle selfs landmyne in hulle eie kamp.

Ander troepe, het nie net aangemeld nie, maar selfs al opleiding ondergaan en gesien hoedat hulle Bevelvoerder gevegte wen, maar dit is asof hulle net nie kan aanvaar dat dit werklik gebeur nie, as daar 'n aanval kom gooi hulle hulle arms in die lug en gee oor. Eers wanneer die geveg oor is en hulle sien dat hulle Bevelvoerder wel soos al die vorige geleenthede, die geveg gewen het, laat sak hulle hul wit vlae.

Laastens is daar die ander wat altyd hulle Bevelvoerder in die oog hou. Hulle maak dit hulle lewenstaak om presies te doen wat hulle hulle Bevelvoerder sien doen. As Hy sê skiet dan skiet hulle, as Hy sê staak vuur, dan staak hulle. As Hy sê maak gereed om te vertrek, dan maak hulle gereed. Te alle tye behou hulle kontak met hulle Bevelvoerder, as hulle probleme het, skroom hulle nie om Sy hulp in te roep nie. Hulle gaan voort om op hulle taak te konsentreer, sonder om te peins of die Bevelvoerder wel sy belofte gestand sal doen.

Net een ding is nodig. Meld aan en verklaar jouself bereidwillig. Deur die Bevelvoerder sal jy tot alles in staat wees.

Die keuse is joune !

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Vlieg jy of skrop jy

tired2501
Onlangs by die gym loop ek iemand raak. So met die nuwejaar se “voorspoedwensery” sê sy sy wil hierdie jaar hoog vlieg soos ‘n arend. Sy is nou moeg om op die grond rond te skrop soos ‘n hoender. ‘n Ander boodskap wat vir my ook pragtig was, was: “…

Oor ‘n Koppie Koffie (08/10/2008)

En toe raak ons net weg… En die e-posse kom in… Met een sentrale tema; “Is alles oraait?” Alles is (nou weer) oraait en jammer dat ons nie net ten minste ‘n epos uitgekry het om jou net in te lig nie. Ek en Zelda waardeer regtig elke persoon se…

Lewendige interaksie

flattyre
Hier oor die paasnaweek van 2006 het ons so ‘n bietjie gaan uitspan by die see. Dit was agterna so lekker om terug te wees hier in die subtropiese streek wat ons die Vrystaat noem. Jy mag dalk wonder oor die subtropiese verwysing, maar dit is hoe…

Ek glo in God - dit maak van my ‘n Christen

Jesus_n_radikale_sprong
Mense sê hulle glo in God. Dit maak dan van hulle Christene, reg ? Die Bybel sê die Duiwel en sy tjommies (demone) glo ook, nou hoe dan nou? Die Bybel gaan verder deur te sê, hulle glo nie net ook nie, maar hulle sidder. (In ons aangepaste taal,…

Maak die "swop"

Boned_boots
Jare gelede was ek deur my regiment aangewys om saam met 'n klompie ouens ons regiment te verteenwoordig by die 75 bestaansherdenking van die Weermag in die Kaap. Die aand voor die tyd sit ons Samajoor in ons tent en hy is besig om sy skoene te…

Die fluitende voëltjie

singing051109
My eerste kennismaking met my nuwe maatjie los my met 'n benoudheid. As die voëltjies begin sing en jy sit nog agter die rekenaar beteken dit die nag is verby en die sonsopkoms is nie vêr nie. Wat jou slaap betref, kan jy maak wat jy wil, jy is in…

Moet dit nie te vêr druk nie

kaart1308
"Poedingbakkies" was sy naam. Ek en hy was sedert st 5 saam in die klas, in dieselfde koshuis en nogal goeie pêlle. Dis Villiersdorp se wêreld hierdie. In teenstelling met Nollie se geweste het ons krieket pitch darem taai gebly en nie uitermatig…

Verstand vs Hart

snork1609
Na die derde keer wat ek myself wakker snork op die vliegtuig wonder ek of die "sardientjies" langs my maak of hulle my nie hoor nie en of hulle "genuine" nie hoor nie. Een Groot Makoeloe regs van my is besig om voor te berei vir wat ek skat 'n…

Jou oes is gewaarborg

cormfield01
Twee dae van een week was ek in Bothaville. Dit was nogal baie uitputtend omrede ek binne hierdie bestek al my werk moes voltooi. Vroegoggend was ek al oppad om eers sowat 6 nm weer terug te wees in Bloemfontein. Waarvoor ek genoeg tyd gehad het was…

Vrygemaak om te lewe

170108
Die tekenprentjie hiernaas het my nogal aan die dink gesit. Ek was so ietwat onseker of ek dit moet plaas, want soos met skilpad, wat in die animasie prent, “The Hedge”, altyd sê hy kry so ‘n snaakse gevoel in sy stertjie as iets nie reg voel nie…

Berei reg voor en volhard

NDP1108
Die doel van basiese opleiding in ‘n weermag is nie uitsluitlik om jou net die basiese vaardigheid te gee van wapenhantering, skiet–, veldkuns en soortgelyke goed nie, maar om ‘n groot doel, wat enige troepie seker nooit sal en wil verstaan nie, te…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Oudisie

oudisie1708
Ons TV-kyktyd word deesdae letterlik oorgeneem deur “realiteits”-programme. As dit nie is vir iemand wat ‘n Idol wil word, of ‘n model, kitsmiljoenêr, of ‘n kamma dit of dat nie, gaan laai hulle ‘n spul ouens af op ‘n eiland en kyk wie kan oorleef.…

Sonsondergang in die Vrystaat

freestatesunset2707
Noem dit wat jy wil, maar ’n sonsondergang in die Vrystaat is soms baie spesiaal. Spesiaal genoeg dat ek dit wou waag om in die bitterkoue en in ‘n motreëntjie stilhou te hou op die N1 duskant Winburg om ‘n foto te neem. Hierdie helder rooi-pienk…

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…

050505

Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…

Die “Basics”

steppingstones1010
Ek wonder of jy al die volgende grappie gehoor het; 'n Pastoor, Predikant en 'n Reverend besluit om saam te gaan visvang. Hulle roei die bootjie so 'n entjie van die kant af en begin alte lekker visvang. Sowat 'n uur en 'n half later is die Reverend…