Vanoggend val my oog op die plek waar die "cursor" (wat die afrikaans is, die
Ek dink hoe belangrik voorbidding hiervoor is, want dis een plek wat ongelooflik baie beskerm moet word. Hier moet ons nie die vyand vatkans gee nie, want hy laat hom nie twee keer nooi nie.
"Uit verskillende rigtings" bid ek vir my huwelik. Ek bid dat die Here ons huwelik sal beskerm, dat hy vir Zelda krag sal gee om die dag aan te pak. En meteens besef ek, ek moet ook bid dat die Here my hart sal versag, versag sal hou, dat my hart sal verander as daar iets is wat wat tussen ons kan staan, waarvan ek dalk nie eers bewus mag wees van nie.
My gebed draai van bid vir iemand of iets, na bid vir myself. Dat ek sal verander as daar verandering nodig is, dat my hart sal versag word en versag sal bly, dat ek eerder 'n omgewing van rustigheid en veiligheid sal skep vir my gesin en huwelik waarin beide
Ek besef opnuut dat die oorsprong van soveel onderliggingde negatiewe emosies en aksies sal verander indien ek my hart verander of eerder, toelaat dat die Here dit verander. Nie net sal ek bevry word nie, maar die mense rondom my ook.