• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

PC
Een van ons besigheid se grootste omwentelinge het een aand ons pad gekruis toe ek in 'n gastehuis in Johannesburg op my skootrekenaar sit en werk het en ek praat met 'n boeta en hy vertel my hoe lekker hy nou vanaf sy huis op sy rekenaar by sy werk kan konnekteer om daarop te werk.

So spring ek op die internet opsoek na so iets en ek kom af op soortgelyke sagteware behalwe dat ek nou met ons kliente se rekenaars kan koppel om ondersteuning so te kan gee. In hierdie daarop volgende twee weke het daar nogal iets snaaks gebeur met hierdie konsep. 'n Klient stuur 'n e-pos dat sy sukkel met iets en ek stuur op my beurt die skakel om te kan koppel met haar rekenaar om die probleem op te los.

Alles verloop lekker vlot totdat ek vermoed sy dalk ingedagte geraak het en ewe skielik gaan sy aan met werk op haar rekenaar, maak e-posse oop - loer na hierdie en toe na daardie, terwyl ek maar in stilte sit en wag dat sy klaar maak, beheer van haar rekenaar se muis oorneem en haar probleem uitsorteer.

Wat natuurlik baie gebeur is as twee mense dieselfde muis probeer beheer.

Dit is chaos... Is ons eie "problem solving" nie maar ook so soms nie? Terwyl Vader besig is om iets vir ons uit te sorteer, vergeet ons om Hom te vertrou en dat Hy reeds besig is om die probleem uit te sorteer en karring aan op ons eie, totdat ons weer besef dat ons nie die probleem kan uitsorteer op ons eie nie.

Dis nie maklik om altyd te "let go and let God" nie. Ons natuur is nou maar een van "take control and sort out yourself".

Wat sal ons dan nou sê, "Los uit! jy gaan in elkgeval 'n flop maak as jy dit self probeer uitsorteer.

Blessings, Johann

Artikels deur Johann de Jager

Biltong en blomme

Die Here wys vir my vanoggend 'n biltong kas. Vars en uitgesoekte snitte vleis word daar opgehang net om dag vir dag uit te droog en uiteindelik versnipper en geëet te word. Dit is hoe dit gaan in sommige kerke. Omrede die predikante, pastore,…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Oor ‘n Koppie Koffie (08/10/2008)

En toe raak ons net weg… En die e-posse kom in… Met een sentrale tema; “Is alles oraait?” Alles is (nou weer) oraait en jammer dat ons nie net ten minste ‘n epos uitgekry het om jou net in te lig nie. Ek en Zelda waardeer regtig elke persoon se…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

Ontspan

relax2608
Een aand is ek besig om die volgende dag se dagstukkie voor te berei. Daarmee saam gaan gewoonlik 'n spesifieke ritme. Eerstens al die inligting van bo na onder aan die linkerkantste kolom, dan die ander kant. Die meeste inligting aan die linkerkant…

Geestelike dwelms en penwortels

Image
Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin. Ek…

Is Jesus enough?

We need the anointing of God in our lives if we are to be effective salty Christians in a dying world. So many believers operate like history teachers. We know the Word of God, we memorize Scriptures, we know the stories in the Bible, but there is…

Live up to your challenges

Shaheen-Jafargholi
I was following Britain's Got Talent on the internet after seeing Susan Boyle's performance on YouTube. You would probably know her name by now as she made headlines all over the world and also registered 175 million hits on YouTube. Although her…

Weg van minste weerstand

notmyjob
Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite…

Die eerste stap

Stormyriver
Daar het 'n hewige storm losgebars en die mense van 'n afgeleë dorpie was afgesny van die res van die wereld omrede daar 'n rivier tussen die dorp en die res van die land was. Natuurlik was hierdie nie regtig iets nuut vir die inwoners van die…

“Oorlog”

Oorlog
“Yes Pa, what’s the verdict?” Ek is nog nie eers behoorlik wakker toe ek gekonfronteer word met hierdie vraag nie. “Ja OK. Ek gaan saam”. Glimlagte verskyn oral op almal se gesigte by die aanhoor van hierdie bevestiging. Die laaste keer wat ek saam…

Jy moet net êrens begin

ConnectWithGod
Die Pa kom elke oggend die kamer van die kind binne. Al wat hy sê is "Word wakker, ek hoop jy het lekker geslaap, dis tyd vir skool toe gaan" So gaan dit jaar in en jaar uit. Elke dag dieselfde roetine. Ek vra vir myself : Watter verhouding het daar…

‘n Blokkie ys

ice0409
Een van die min fiemies wat ek het is om warm koeldrank te drink. Dis ‘n alewige herhinnering aan wie ookal vir my koeldrank aanbied of indien ons bestel : “Gooi net ys is as die koeldrank warm is asb.” Kom die koeldrank by ons is die een en enigste…

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…

Nors mannetjies

black-ants0308
Twee of drie keer per week bespeur ek die nors mannetjies op my tafel. Hulle is gewoonlik alleen. Hulle houding stink, hulle mors my tyd en irriteer my grensloos. Hoekom hulle my tafel kies, weet ek nie, hoekom hulle nie dalk in groepe kom nie, weet…

Sal jy Jesus se Koningkryk beskerm?

JesusCaring
"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe" Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe. Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God…

Oom Louis

tweaser171209
Oom Louis, my Pa se jongste broer is sy hele lewe lank ‘n karakter. Stories oor wat hy alles gedoen het en die moeilikheid waarin hy gekom het is legendaries. Maar as ek aan hom dink kan ek nie help om die prentjie te sien waar ons een naweek vir…

As jy my liefhet…

love0109
Anders as waar die betekenis van hierdie opskrif ‘n voorwaarde vervat dat jy iets sal doen om jou liefde te bewys, het ek oor die jare geleer watter verantwoordelik ek teenoor Zelda het wat my liefde vir haar betref. So raak mens maklik gewoond aan…

The best motivation

Something that really made me think today comes from one our our latest inspirational stories; I am learning that the best motivation, whether we want to accomplish a task, go back to school, start something new or kick a habit, usually comes from…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…