• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

letgo3007

Die "intro quote" in een oggend se dagstukkie publikasie lees dat as ons nie op God se krag binne ons staatmaak nie, sal ons nie kan staande bly teen die druk rondom ons nie.

Die oggend tevore, so in my enigheid, het ek gedink aan die stryd wat ons soms (en veral soms) moet stry om werklik vas te hou aan die beloftes en vrede van God. Ek weet jy kan hiermee identifiseer. In die een of ander vorm het elkeen maar hiermee te doen. Jy weet, in 'n “gemiddelde” twyfelling wonder ons soms of God werklik Sy beloftes gaan nakom. In “erge” vertwyfelling wonder ons soms of daar 'n God is. Ek weet dit klink dalk snaaks, maar byt vas, ek is oppad êrens heen hiermee. Ek het die neiging om self deur 'n paar "checklists" te hardloop wanneer ek begin swaartrek. Een daarvan is om werklik God te vertrou om Sy "gewaarborge" vrede oor my hart en gedagtes los te laat. Maar vanoggend besef ek ons fokus hier rondom ons en ons onmiddelike. 'n Deurbraak, uitkoms en dies meer. Kom ek gee jou 'n ander perspektief. As daar nie 'n God sou wees nie, waarheen gaan jou siel dan? Bekommer jy jou regtig ooit hieroor? Ek gaan 'n kans vat en sê "Nee". (As jy Jesus nie persoonlik ken nie, dan wil ek nie doekies omdraai nie. Wees dan baie bekommerd...en doen iets daaromtrent, kry die Lewe, kry Jesus) Maar wanneer ons Hom aangeneem het dan tob ons mos nie regtig of ek hemel toe gaan of nie. Dis 'n sekerheid. Amper asof jy regmaak vir 'n lewensgevaarlike hartoperasie en al waaroor jy bekommerd is, is of jou valstande dalk in die pannetjie onder die bed kan val en jy nog nie by gaan wees as hulle dit terugsit nie.

Dit waaroor jy moet bekommerd wees is vir jou geen probleem nie, want jy het 'n blinde vertroue in die hartspesialis, maar daai tanne waaroor jy voel jy geen beheer gaan hê nie, dis die issue hier!

Herhinner jouself volgende keer dat God wat uitkyk oor jou "ewigheid", ook jou "tydelike" onder totale beheer het.

Laat los en laat God en vertrou blindelings

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Verstand vs Hart

snork1609
Na die derde keer wat ek myself wakker snork op die vliegtuig wonder ek of die "sardientjies" langs my maak of hulle my nie hoor nie en of hulle "genuine" nie hoor nie. Een Groot Makoeloe regs van my is besig om voor te berei vir wat ek skat 'n…

Sal jy Jesus se Koningkryk beskerm?

JesusCaring
"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe" Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe. Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God…

Lootsvisse (Pilot Fish)

pilot3107
Een aand is ek vasgevang deur ‘n klomp jong manne op TV wat passievol is oor visvang. Ek was nogal verbaas dat een van die manne, ek skat hom so 25 jaar oud, reeds ‘n professionele hengelaar is. Hoe hulle die verskillende visse en die verskillende…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

Blatante eerlikheid

blatant2708
Jy sien sy motiewe sommer met die eerste oogopslag. Daardie kyk in sy oë draai geen doekies om nie. Jy kan maar voorgee dat hy nie bestaan nie en selfs geen verdere oogkontak maak nie, maar daar is geen manier dat jy nie gekonfronteer gaan word nie.…

Jou rekenaar is stadig

slow-pc
Kyk!, as die een of ander slim advertensie nou weer vir my wil sê my rekenaar is stadig... Hulle lê en wag vir my om elke draai. Ek kan nêrens heen "surf" op die internet sonder om heeltyd herhinner te word: "Your PC is slow..." Behoede jou as jy…

Nie onderhandelbaar

fence1808
As daar nou een ding waaroor ek nie argumenteer, meriete oorweeg, motiveer, bepeins of wat ook al nie, dan is dit elektrisiteit. Nie die wat die TV, ketel, rekenaar ens aandryf nie, maar 'n oop draad. Die soort waar jy 'n elektriese prop moet aansit…

My eerste salaris

testimony0505
Tydens ‘n diens gee die prediker die geleentheid vir mense om ‘n getuienis te lewer. ‘n Baie welgestelde man staan op en sê; "Ek is ‘n multimiljoenêr en dit is alles te dankie aan die ryklike seëninge van die Here." sê hy. "Ek kan nog die draaipunt…

Vrygemaak om te lewe

170108
Die tekenprentjie hiernaas het my nogal aan die dink gesit. Ek was so ietwat onseker of ek dit moet plaas, want soos met skilpad, wat in die animasie prent, “The Hedge”, altyd sê hy kry so ‘n snaakse gevoel in sy stertjie as iets nie reg voel nie…

Draf-loop

Vir my 40 ste verjaarsdag het ek onderneem om die Two Oceans se half marathon te hardloop. Vandag het ek die sertifikaat wat wel wys dat ek daar was, maar dit toon (ongelukkig) nie aan dat ek in die gegewe tyd klaar kon maak nie. Ek het wel ’n foto……

As jy my liefhet…

love0109
Anders as waar die betekenis van hierdie opskrif ‘n voorwaarde vervat dat jy iets sal doen om jou liefde te bewys, het ek oor die jare geleer watter verantwoordelik ek teenoor Zelda het wat my liefde vir haar betref. So raak mens maklik gewoond aan…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…

Ontspan

relax2608
Een aand is ek besig om die volgende dag se dagstukkie voor te berei. Daarmee saam gaan gewoonlik 'n spesifieke ritme. Eerstens al die inligting van bo na onder aan die linkerkantste kolom, dan die ander kant. Die meeste inligting aan die linkerkant…

Kennis of boesemvriend

masai0108
Onlangs op TV was daar ‘n dokumentêre program oor die Masai en veral oor hulle krygsmanne. Met hulle kenmerkende rooi kledingstukke is hulle dalk die Westerse ekwivalent van ‘n Pierre Cardin. As jy dalk nog wonder wie die ouens is, sal jy seker nou…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

Hoe reageer jy?

clay2906
‘n Paar jaar gelede kry ek vroegoggend, nog voor werk, ‘n oproep van iemand wat seker 10 jaar tevore vir my en Zelda sleg tenagekom het. Wat hy destyds gedoen het, is nie regtig belangrik nie. Hierdie persoon, het ons reeds lankal daarvoor vergewe,…

Lewenslesse

skaal1208
Ek het ‘n paar goedjies langs die pad geleer. ‘n Skaal het ‘n maksimum gewig wat hy kan dra. Wanneer jy ysies in die bed lê en suig, moet nie die TV se afstandbeheer langs die ysie neersit nie. Die petrolliggie in jou motor het ‘n doel. As die kat…

‘n Nuwe hart

gutenberg3010
‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi. "Watter een was dit? Verneem die versamelaar "'n Guten-iets bybel" "Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?" vra die versamelaar…

Maak hulle dors.

doors2008
Watter onseker tyd moes dit nie vir die vroeë kerk in Korinte gewees het nie. Nie net moes hulle 'n nuwe geestelike perspektief kry nie, maar hulle moes ook wegbreek uit die kultuur en die algemene leefwyse van daardie tyd. G'n wonder dat hulle 'n…