Die Pa kom elke oggend die kamer van die kind binne. Al wat hy sê is "Word wakker, ek hoop jy het lekker geslaap, dis tyd vir skool toe gaan" So gaan dit jaar in en jaar uit. Elke dag dieselfde roetine. Ek vra vir myself : Watter verhouding het daar ontstaan tussen die Pa en sy Kind? Ek dink redelik diep aangesien dit dalk 'n trick question
Dit is vandag ongelukkig ook hoe ons baie keer te werk gaan in ons verhouding met die Here. Ek moet sê as ons hierdie tipe van kommunikasie in 'n huwelik moes inneem sou ek so 'n huwelik maksimum 6 maande gee. (As dit so lank sou gewees het) In teendeel ek dink die voorafgaande verhouding sou 14 dae gehou het. Nou is ons in 'n verhouding met 'n Entiteit, iets waaraan ek nie
Ek kan onthou as kind in Windhoek (Sub B) het ek elke oggend vir minstens 12 maande elke oggend omtrent op dieselfde plek oppad skool toe gebid vir 'n fiets! Later jare in Villiersdorp, so Std 9 toe my Ma ernstig siek geword het met nierversaking, die smekende gebed elke dag dat my Ma net nie moet sterf nie. Weet jy, die Here het my gebede verhoor, maar ek kon nie deel in die vrede van God nie. Ek kon nie rus vind na waters waar rus was nie. Hoe kon ek as ek dan nie 'n verhouding gehad het met Jesus nie?
Wanneer laas het jy spreekwoordelik op Jesus se skoot gesit, in Sy teenwoordigheid Sy vrede ervaar, die gevoel van alles is OK beleef? Die Satan sal ons op enige denkbare manier probeer weghou van God se beloftes, As ons nie 'n keuse maak, die prys bepaal nie, sal ons altyd minkend loop, gebuk onder die probleme en alhoewel God Sy beloftes gestand doen, ons dit met "suffering" beleef en nooit Sy vreugde ervaar nie. Lateraan word ons so lamgelê hierdeur dat dit nie meer juis 'n bargain is om 'n sinvolle verhouding in stand te hou nie. Dan slaan ons terug na roetine (dalk uit skuldgevoel ek
Dink aan ‘n kleintjie wat elke dag die dag aangryp, sy Pa of Ma roer en aan die gang hou. Hulle kuier in die Dieretuin, gaan eet roomys, uitbundig en verspot. Raak soms in die stootkarretjie aan die slaap, die Ma wat gedwee die waentjie stoot. Die kleintjie wat wakker word, en weer laat waai. Later die aand speel hulle in die sitkamer, die Pa op die vloer, die kleintjie bo-oor en anderkant af, 'n gegiggel en gelag. Die kleintjie ervaar nie vrees nie, is vergenoegd, Die kleintjie raak aan die slaap met die volgende gevoel "Hey! wat 'n dag, sien uit na more!!!!"
Terwyl ek die voorlaaste paragraaf skryf en my verlustig in hierdie toneel, sien ek die kind van dieselfde ouderdom, gespanne, verward, bang skaam, verwaarloos eenkant in 'n donkerhoekie, die trane se spore loop in een ry oor die stowwerige wangetjies. Ek sien hierdie kind se oë, groot oopgespêr, onmiskenbaar die duim in die mond, 'n doek of klein handdoekie vasgeklem in die ander los handjie. Die knietjies is opgetrek. Sy het die mooiste krulhaartjies.
Waarnatoe gaan hierdie? Ek weet nie. Ek dink elkeen
Miskien
As jy in toneel 1 inpas, probeer jouself inleef wat mense in toneel 2 moet deurmaak. As jy jouself met toneel 2 vereenselwig, wil ek jou bemoedig dat daar 'n gelukkiger einde