• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

curtain1709
Sy het so 3 huise van ons af gewoon en ek was in Std 3 (Jip dit was nog in daardie era...) en ek was tog so soooo verlief op die meisietjie. My oë het gedurig die horison bespied, op soek na die geringste tekentjie dat sy iewers tog net te voorskyn sou kom. Maar dis waar dit gebly het. Sy, iewers op die horison, en ek, gedurig skuilende agter die gordyne.

My verliefdgeit het egter nie afgeneem nie, maar my moed, om ooit met haar te gaan kennis maak en die ys te breek, nou ja, het my stiptelik sonder om ooit een keer te vaal, in die steek gelaat.

Hulp het wel eendag onverwags by my opgedaag. My nefie, Louis. In detail het ek my hart en hierdie pragtige meisie met hom gedeel. Hy stel voor ek skryf aan haar ‘n liefdesbrief waarin ek vertel aan haar, sonder om een enkele gryntjie detail uit te laat, presies hoe ek oor haar voel, en watter wonderlike eer en fenominale voorreg dit nie net vir my nie, maar ook my familie sal wees om haar in ons huis te ontvang vir ‘n koppie koffie en koekies. Ek kan nie meer so lekker onthou nie, maar ek onthou dofweg dat ek bygelas het, dat my Ma op standby is vir ‘n vyfgang maaltyd. Rede hoekom ek kan onthou, was haar kwaai kyk nadat ek haar toe wel op standby geplaas het!

Plan was, aangesien ek nie die guts gehad het om hierdie brief persoonlik aan haar te oorhandig nie, dat Louis my die eer sou betoon en dit namens my doen. Wel, ons het behoorlik ‘n gedetailleerde plan van aksie beraam, oorweging is selfs geskenk dat ek dalk hierdie een of ander prins kan wees en hy my dienskneg, of eerder ‘n generaal van een my my vele weermagte. My pa-hulle het egter, hoekom, weet ek tot vandag toe nog nie, nie gebyt aan hierdie planne nie. Al wat ons uit hulle gekry was iets van : “Loop speel buite en blaas jou neus ” Kaalvoet, met skurwe hakke, vuil gesig en ‘n hemp wat uithang, het Louis nie ‘n sweempie van ‘n probleem of twyfel om my diep deurdagte, netjies geformuleerde, toegeplakte brief aan my Meisie-op-die-horison te gaan aflewer nie. Ek natuurlik, submerge hier agter die gordyne in. Noem my sommer : Mr Invisible.

Die uitdrukking op sy gesig laat my ongemaklik voel. “Was dit daai Engelse meisie in die derde huis aan die linkerkant?”

Ek knik stadig instemmend met 'n vet frons tussen my oë. “Ek weet nie van die Engels nie, …” begin ek versigtig my relaas lewer toe hy voort stoomroller: "Sies! maar sy is lelik!” Daarmee knip hy ongevoelloos soos ‘n tipiese Std 4tjie my beplande kys so vinnig kort soos ‘n emmer water wat omgekeer word. Enige verdere beplanning aan familie-reunies is in flarde en boonop non-exsisting.

Ek wonder of die Engelse meisie goeie Afrikaans magtig was…

Christene kan ondermekaar soms in dieselfde tipe trant seker met die beste bedoelinge in slagysters trap. Kom ons noem dit verdoemende e-posse. E-posse wat jy uitstuur en jy nie weet of besef watter effek dit dalk op ‘n ander se lewe gaan hê nie. Vir die een persoon is dit soos water op ‘n eend se rug, vir die ander is dit soos kettings of boeie. Waarskynlik het van julle dalk al ‘n Powerpoint lëer ontvang getiteld: “The mark of the Beast” of so iets. Dit handel oor hierdie mikro klein sendertjie wat hulle in jou kan plant en dan vervang dit die geldstelsel en wat ook nog. Wat die skeppers van die e-posse nie vir jou sê nie is dat hierdie reeds al verskeie jare die rondte doen. Hierdie keer is die opskrifte net groter en visueel mooier gemaak. Jare later het niks steeds daarvan gekom nie, en maal dieselfde vrees-evangelie in ons midde rond. Iets waaraan ek destyds gedink het was: “As ons dan nie kan koop nie, hoe gaan ons lewe?” Weg is God se waarborg dat Hy vir ons sal sorg, weg is die waarborg dat God reeds daar is en was, dat Hy reeds ‘n plan het.  In twyfel het ek ‘n paar dae gesit en tob hieroor.

Indirek skep ons ‘n vakuum vir die satan om juis nog meer vrees in ons lewens te anker. Die uiteinde? Ons verloor ons vrymoedigheid en vrede in God en ons gaan oor na ‘n tweederangse geestelike lewe deur elke dag voort te strompel, sonder oorwinning.

Kom ek gee jou ‘n ander voorbeeld wat dalk meer volop is. Dalk ken jy die trant van hierdie tipe e-posse : “As jy werklik lief is vir God, dan sal jy hierdie e-pos aanstuur na ten minste 10 persone”. “As jy nie binne ‘n halfuur hierdie na ten minste 10 mense toe stuur nie, sal bad luck jou tref. As jy dit wel aanstuur sal soveel geluk na jou toe kom.” “As jy werklik omgee stuur dit terug en dit sal die teken wees…” En dan word daar afgesluit : “Moet nie die ketting breek nie, anders sal…”.

As daar weer so ‘n tipe e-pos aan jou gestuur word, delete dit summier sonder om dit aan te stuur. Breek die ketting en voorkom dat iemand anders langs die pad, wat dalk swakker in die geloof staan, onder ‘n emosionele binding kom. Kom ons draai eerder ons harte in totale afhanklikheid na God. Hy is immers die God van wonderwerke. Die Groot Geneesheer. Skepper God. Die Alfa en die Omega. Die Prins van vrede. Hy is die Een wat die geskiedenis geskryf het en absolute beheer daaroor uitoefen.

Leef jy eerder net vandag in Sy genade en bly weg van die genade wat deur mense bepaal word.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

Stukkende grassnyer

4591698183
Ongelukkig vir Pieter sit hy een Saterdag met ‘n probleem toe sy grassnywer oppak. Normaalweg sou dit nie ‘n probleem gewees het nie, maar vandag van alle dae is dit ‘n krisis. Sy vrou het ‘n tee partytjie in die tuin gereël en die dorp se A-klas…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Maak die "swop"

Boned_boots
Jare gelede was ek deur my regiment aangewys om saam met 'n klompie ouens ons regiment te verteenwoordig by die 75 bestaansherdenking van die Weermag in die Kaap. Die aand voor die tyd sit ons Samajoor in ons tent en hy is besig om sy skoene te…

Staan vas!

promised2307
‘n Paar jaar gelede het die taak of die pad wat die Here vir ons gegee het vir my begin lyk na 'n onoorkombare berg. Dit was nie 'n geval van moedeloosheid nie, en dit het ook niks met ons bediening te make nie, wel nie wat die pfJ's betref nie,…

Mr Fischer

peter-fischer
Mister Ficher, Mister Peter Fischer was 'n regte Engelse heer, met 'n swaar Skotse aksent het enige nuwe boertjie in Kimberley gesukkel om hom altyd te verstaan. Maar hy was 'n regte ou gentleman. Tee gedrink stiptelik om vier uur, 'n very prim en…

‘n Blokkie ys

ice0409
Een van die min fiemies wat ek het is om warm koeldrank te drink. Dis ‘n alewige herhinnering aan wie ookal vir my koeldrank aanbied of indien ons bestel : “Gooi net ys is as die koeldrank warm is asb.” Kom die koeldrank by ons is die een en enigste…

Hoe reageer jy?

clay2906
‘n Paar jaar gelede kry ek vroegoggend, nog voor werk, ‘n oproep van iemand wat seker 10 jaar tevore vir my en Zelda sleg tenagekom het. Wat hy destyds gedoen het, is nie regtig belangrik nie. Hierdie persoon, het ons reeds lankal daarvoor vergewe,…

God bly in beheer

gulfwar
Die Golf Oorlog wat destyds erg (amper skryf ek “mooi”) aan die gang. As ek reg kan onthou was dit in die laat tagtigs. Ek kan die dag goed onthou en spesifiek waar ek ook geloop het die oomblik toe die gedagte waaroor ek wil gesels by my opgekom…

Komposhoop

composhoop1111
Mans kan op verskeie maniere middeljare krisisse beleef. Ek beleef dit in my verbeelding. Waar ander mans vir hulle plat motors of motorfietse aanskaf, het ek vir my 'n petrol aangedrewe "blare blaser" aangeskaf. Die eerste keer toe ek begin wonder…

25 Februarie 2008

Ek hoop jy het lekker gerus die naweek! Ons is so gebless met jou wat kom inloer en sal ons nog eendag vir jou ‘n getuienis gee van Bertus (www.hiswordministry.com) se profesie en hoe dit so te sê oombliklik daarna begin gebeur het rakende ons…

Geestelike dwelms en penwortels

Image
Ek sukkel om aan die gang te kom, dit voel so vir my of ek op almal se tone trap met elke probeer slag, en ek is nou regtig nie lus om elke sin te verduidelik nie, of altans voel of ek moet nie. Seker dié dat ek vir die soveelste maal oorbegin. Ek…

Lewendige interaksie

flattyre
Hier oor die paasnaweek van 2006 het ons so ‘n bietjie gaan uitspan by die see. Dit was agterna so lekker om terug te wees hier in die subtropiese streek wat ons die Vrystaat noem. Jy mag dalk wonder oor die subtropiese verwysing, maar dit is hoe…

Baklei teen jouself

baklei2907
Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige…

Kennis of boesemvriend

masai0108
Onlangs op TV was daar ‘n dokumentêre program oor die Masai en veral oor hulle krygsmanne. Met hulle kenmerkende rooi kledingstukke is hulle dalk die Westerse ekwivalent van ‘n Pierre Cardin. As jy dalk nog wonder wie die ouens is, sal jy seker nou…

Maak hulle dors.

doors2008
Watter onseker tyd moes dit nie vir die vroeë kerk in Korinte gewees het nie. Nie net moes hulle 'n nuwe geestelike perspektief kry nie, maar hulle moes ook wegbreek uit die kultuur en die algemene leefwyse van daardie tyd. G'n wonder dat hulle 'n…

Verkleurmannetjies

cameleon
Hippies het almal blommetjies en VW Beetles vir vervoer, bergklimmers het berge en toue, Vlieëniers het almal vliegtuie, Terroriste bomme en wapens (waarnatoe ek hiermee gaan weet ek nog nie). Tuindienste het almal tuine. 'n Motor verkoopsman,…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

“That’s it" nou gaan jy dokter toe

Doktor
Met elke hoesie word ek deur Zelda vermaan. Dis al reeds drie weke gelede dat ek by die dokter was. My antobiotika en 'stropies is lankal op. Ek het al selfs al die half leë hoesstroop botteltjies in al die badkamerkaste deurgewerk. Zelda sê sy…

Vrygemaak om te lewe

170108
Die tekenprentjie hiernaas het my nogal aan die dink gesit. Ek was so ietwat onseker of ek dit moet plaas, want soos met skilpad, wat in die animasie prent, “The Hedge”, altyd sê hy kry so ‘n snaakse gevoel in sy stertjie as iets nie reg voel nie…