• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

manicure1210
Ek wonder hoeveel mense en miskien moet ek hier dalk net die mans inbring, het al op 'n stadium in sy lewe gewonder, waar pas hy in. ‘n Jaar of wat gelede het ek een aand myself die vraag afvra.

Onbewustelik het Jonè (my jongste dogter) daardie aand besluit; vanaand is die aand dat sy haar pa gaan bederf met 'n aantal prosedures wat mens, nou wel, nie regtig normaalweg sal konnekteer aan 'n man nie. Ek het dit 'n bietjie laat, eers toe haar ousus verby kom en redelik bekommerd vra, "Pa weet jy wat is Jonè besig om te doen?", agtergekom dat alles nie heeltemal in orde blyk te wees nie. Ek probeer antwoord met iets van, "Ek dink sy versorg my voete", "Nee Dad! sy is besig om jou 'n ‘manicure’ te gee!"

"O, en wat is dit?" laat ek redelik so normaal as moontlik van my hoor, sonder om voor te gee dat ek in paniek verval.

"Sy is besig om jou toonnaels te cutex"

"Deurskynend of gekleur?

"Pa jy verstaan nie, die boonste gedeelte van die naels word wit gemaak, die res pienkerig"

OK. Daar sit ek en let vir die eerste keer op na wat aangevang word. Barbie se moses, my naels is baie mooier as wat sy ooit vir Ken mee kon verras het.

My gedagtes verskuif onwillekeurig na die gym. Nou kan ek my al voorstel hoe lyk ek met my "gepainte" toonnaels. Wel die gym is nie regtig die probleem nie, maar die sauna daarna, waar ons, wel nou nie regtig met sweetpakbroeke en tekkies ingaan nie. Nou kan ek myself voorstel, ek met my toonnaels wat lyk soos opkomende volmane op 'n goeie somersaand, geskilder met "tippex", met 'n tikseltjie pienkglans daaroor, kompleet soos 'n romantiese aand met die maan se strale wat oor die water weerkaats. Voorts is my bors- en rughare nie geskeer nie, maar my voetjies is pienk en sag!!! Stel jou dit voor......

Nou, die ander mans is tipiese mans, praat oor rugby, besigheidsgoeters, motors, “spanners” en wat nog ook, "en jy Johann, het jy die hele naweek in die salon deurgebring, jou hare "geperm", gesigontrimpeling ondergaan, plooie weggetoor, 'n lekker tert gebak. Dalk gebrei of gehekel????"

Later kom Zelka ingestap om nag te sê, "Wys my gou weer jou voete" laat sy nie op haar wag nie en stap giggelend hier uit, nogal ook gedink aan die gym episode wat voorlê.

Maar Jonè het vir 'n salige uur, my voete en hande vertroetel, roompies ingevryf, geknip, geskuur en masseer, en seker 'n halfuur na haar gewone slaaptyd eers naggesê.

Ek kon nie anders as om te dink hoe trots sy moes wees op haarself nie. Hoe goed sy moes voel met die wete dat sy haar pa bederf het nie. Sy sou redelik teleurgesteld gewees het as sy moes uitvind dat ek, terwille van 'n moontlike “naamruk”, sou besluit het om haar werk tot niet te maak.

Dalk is daar vandag net iemand wat ook iets vir jou gaan doen diep uit sy/haar hart, wat jy dalk nie in dieselfde lig gaan sien nie. Wees bedag dat jy nie iemand seer maak met 'n ondeurdagte opmerking of antwoord nie. Paulus waarsku ons watter vernietigende uitwerking ons woorde het op mense, hy praat van 'n vuurhoutjie wat 'n groot brand kan aansteek.

Ek wil die teenoorgestelde sê. Wees jy vandag 'n vuurhoutjie en steek 'n massiewe brand aan met positiewe opmerkings en opbouende kommentaar.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Wat is die prys van een siel?

onesoul2808
Hoeveel moeite kan 'n mens maak vir een siel? Ek en Zelda gaan drink eenkeer gou koffie en iemand getuig teenoor ons hoe iemand se lewe ten goede verander het of besig om te verander. Erens het Jesus 'n afspraak met die man gehad. Ons is van ons…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

‘n Blokkie ys

ice0409
Een van die min fiemies wat ek het is om warm koeldrank te drink. Dis ‘n alewige herhinnering aan wie ookal vir my koeldrank aanbied of indien ons bestel : “Gooi net ys is as die koeldrank warm is asb.” Kom die koeldrank by ons is die een en enigste…

Komposhoop

composhoop1111
Mans kan op verskeie maniere middeljare krisisse beleef. Ek beleef dit in my verbeelding. Waar ander mans vir hulle plat motors of motorfietse aanskaf, het ek vir my 'n petrol aangedrewe "blare blaser" aangeskaf. Die eerste keer toe ek begin wonder…

Die eerste stap

Stormyriver
Daar het 'n hewige storm losgebars en die mense van 'n afgeleë dorpie was afgesny van die res van die wereld omrede daar 'n rivier tussen die dorp en die res van die land was. Natuurlik was hierdie nie regtig iets nuut vir die inwoners van die…

“Oorlog”

Oorlog
“Yes Pa, what’s the verdict?” Ek is nog nie eers behoorlik wakker toe ek gekonfronteer word met hierdie vraag nie. “Ja OK. Ek gaan saam”. Glimlagte verskyn oral op almal se gesigte by die aanhoor van hierdie bevestiging. Die laaste keer wat ek saam…

Jou rekenaar is stadig

slow-pc
Kyk!, as die een of ander slim advertensie nou weer vir my wil sê my rekenaar is stadig... Hulle lê en wag vir my om elke draai. Ek kan nêrens heen "surf" op die internet sonder om heeltyd herhinner te word: "Your PC is slow..." Behoede jou as jy…

Klou vas!

bobbejaanOpRug
Ek kan my altyd verkyk aan hierdie kleintjies wat ewe gedwee en met groot ogies die hele wêreld hier van onder die ma af beloer. Die ma kan maar gaan waar sy wil, swiep deur die bome of gallop op die grond, boetietjie klou vir Afrika. Ek het een…

Die eer van God is weggevat

ark1707
Die ark van God is deur die Filistyne afgevat. Paniek breek uit in Israel se geledere. Dertig duisend voetsoldate is gedood en verdryf. Eli kry hierdie tyding en van skok val hy agteroor en sterf. Sy seun Pinihas sterf in dieselfde tyd en sy swanger…

Maak die "swop"

Boned_boots
Jare gelede was ek deur my regiment aangewys om saam met 'n klompie ouens ons regiment te verteenwoordig by die 75 bestaansherdenking van die Weermag in die Kaap. Die aand voor die tyd sit ons Samajoor in ons tent en hy is besig om sy skoene te…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

Verkleurmannetjies

cameleon
Hippies het almal blommetjies en VW Beetles vir vervoer, bergklimmers het berge en toue, Vlieëniers het almal vliegtuie, Terroriste bomme en wapens (waarnatoe ek hiermee gaan weet ek nog nie). Tuindienste het almal tuine. 'n Motor verkoopsman,…

Staan vas!

promised2307
‘n Paar jaar gelede het die taak of die pad wat die Here vir ons gegee het vir my begin lyk na 'n onoorkombare berg. Dit was nie 'n geval van moedeloosheid nie, en dit het ook niks met ons bediening te make nie, wel nie wat die pfJ's betref nie,…

Dinosaurusse

dinosaurs2702
Onlangs is ek in ‘n boekwinkel. Tussen die soekery na my afdeling, is daar ‘n Boetie en sy Sussie, ek skat die seuntjie so op 5 en sy sussie seker so jaar of wat jonger. Hulle sit plat op die mat met ‘n boek tussen hulle. Ek loop verby, maar die…

“Jammer, ketting gebreek”

KettingMail
"The president of Argentina received this picture and called it junk mail, 8 days later his son died. A man received this & immediately sent out copies... his surprise was winning the lottery. Alberto Martinez received this picture, gave it to his…

Ontspan

relax2608
Een aand is ek besig om die volgende dag se dagstukkie voor te berei. Daarmee saam gaan gewoonlik 'n spesifieke ritme. Eerstens al die inligting van bo na onder aan die linkerkantste kolom, dan die ander kant. Die meeste inligting aan die linkerkant…

Lootsvisse (Pilot Fish)

pilot3107
Een aand is ek vasgevang deur ‘n klomp jong manne op TV wat passievol is oor visvang. Ek was nogal verbaas dat een van die manne, ek skat hom so 25 jaar oud, reeds ‘n professionele hengelaar is. Hoe hulle die verskillende visse en die verskillende…

Baklei teen jouself

baklei2907
Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige…

Zoeloe-impie

running
Ek word so te sê elke dag daaraan herhinner. Dis ‘n beeld wat ek nooit ooit in my lewe sal vergeet nie. Joné (ons jongste dogter) was op daardie tydstip in Graad 7 gewees. Ek het haar die oggend by die skool afgelaai en weggery. ‘n Blok verder moes…