• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

injection“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het hierdie keer op my geval. Ek voel niks.

Dit was egter nie die geval in 1988 nie. Ons was oppad Angola toe en ons moes almal medies doen wat ‘n reeks inspuitings ingesluit het. Ek was ‘n Stafsersant en die Eskadron Samajoor vir die tydperk. Van die voordele is dat jy nie in rye staan nie en boonop orders kan uitdeel. Ek gebied die ouens links en regs om deur al die prosedures te kom. Loop op en af met my hande in die sye, ‘n frons op my voorkop. Ek loer ook in al die verskillende spreekkamers in waar die manne soos skape na die slagpale gebiedend in die ry wag. ‘n Kwaai Suster verskreeu die troepe in die een spreekkamer. Sy laat my mak lyk in vergelyking met haar attitude. Die troepe wat opeindig in haar ry kyk met groot oë oor mekaar se skouers na haar, biddende dat die wegraping asseblief net moet kom voordat hulle aan die beurt kom vir hulle inspuiting.

In die ander spreekkamer heers daar ‘n geselliger atmosfeer. Ek moet ‘n paar keer kwaaier frons om die troepe se onderlangse geselsery stop te sit. In vergelyking met die suster het ons hier te doen met ‘n engel. ‘n Vroue-sersantjie met ‘n sagte stemmetjie en baie empatie in haar benadering. Ek hoor weer die suster wat bulder in die agtergrond en net daar besluit ek; “Daai kwaai ene, kom nie binne ‘n myl van my af met ‘n inspuiting nie. Punt”

Die rye raak minder en ek besluit (nadat ek moed geskep het vir daardie dik naald) om volgende te wees. Die sersantjie gee haar orders en ek volg maar gedwee. (Daai tyd het hulle mos nie inspuitings deur broeke gegee nie….) Ek ontspan en voel hoe sy my boud peck met daardie naald. Ek hoor hoe sy verskoning aanbied met iets van my vel is dik… Ek voel hoe die naald vir ‘n tweede en ‘n derde keer my boud peck. My oë trek skeel, my mond vlieg oop, my stem is weg. Teen hierdie tyd is dit nie meer snaaks nie. Inteendeel, van die heel eerste probeerslag was dit nog nooit snaaks gewees nie. Ek sit met ‘n probleem.

Troepe staan nou al reeds halfmaan rondom my om die affêre te aanskou. Hulle hou my fyn dop, soekend na die geringste teken van swakheid en pyn. As ek hier faal sal die volgende drie maande se dissipline ‘n ronde nul wees op ‘n kontrak.Iemand anders kom tussen die troepe deurgestap soos ‘n warm mes deur botter. Jip, die kwaai een… Ek hoor sy sê; “Gee hier, laat ek jou wys” My lewe flits voor my verby. Ek voel soos iemand wat weke sonder water in die woestyn rondgedwaal het, en so pas sy laaste tree gee en inmekaar sak. ‘n Stemmetjie fluisters saggies; “This is not happening to me!”.

Sy bulder “Klim in reguit rye troepe, wie’s volgende? Staf, maak vas jou broek!” Ek staan steeds bleek en kopskuddend onderstebo. Vinnig kyk ek eers linksom en toe regsom. Sy’s reeds besig met die volgende troep se inspuiting, ek’s klaar…My hande is terug in die sye, ekstra kwaai frons op my voorkop aangeplak en die troepe waag nie om oogkontak te maak nie.

As ons moet bereken hoeveel keer ons verniet bang was, hoeveel keer ons onsself van lewensvreugde ontneem het oor iets wat ons gevrees het en wat nie gerealiseer het nie sal dit seker ‘n klompie kere wees of hoe?

Dis seker menslik om die onbekende te vrees. Hoe weet ons wat hou die dag van môre ook in? Ons het tog geen beheer daaroor nie. Ek dink verder die Satan kan hierdie taktiek ook tot in die fynste detail uitwerk en met groot sukses toegepas. Vrees verlam en daarmee saam verloor jy ook maklik perspektief. Wanneer ek soms in hierdie hoek vasgedruk word, dan bid ek altyd die volgende gedeelte in Fil 4:7 “...en vrede wat alle verstand te bowe gaan, sal oor my hart die wag hou.” Roep die Here hiermee aan en moet nie ophou totdat Sy vrede wel oor jou hart en oor jou gedagtes heers nie.

Dit is mos ‘n waarborg deur God?

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…

Maak die "swop"

Boned_boots
Jare gelede was ek deur my regiment aangewys om saam met 'n klompie ouens ons regiment te verteenwoordig by die 75 bestaansherdenking van die Weermag in die Kaap. Die aand voor die tyd sit ons Samajoor in ons tent en hy is besig om sy skoene te…

Griepinspuitings

injection
“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het…

Dink voor jy praat

zelda 714b0
Daar skort iets met katte se sin van rigting. Kenners besing katte se ore, oë en lyf. Hulle kan ‘n muis hoor nog voor hulle dit kan sien. Hulle kan snags ‘n repie maanlig aanwend en so goed sien soos die mens bedags. Hulle kan hulself met gemak…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

“Dis nou genoeg!”

armed1408
Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos. Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

“That’s it" nou gaan jy dokter toe

Doktor
Met elke hoesie word ek deur Zelda vermaan. Dis al reeds drie weke gelede dat ek by die dokter was. My antobiotika en 'stropies is lankal op. Ek het al selfs al die half leë hoesstroop botteltjies in al die badkamerkaste deurgewerk. Zelda sê sy…

Verkleurmannetjies

cameleon
Hippies het almal blommetjies en VW Beetles vir vervoer, bergklimmers het berge en toue, Vlieëniers het almal vliegtuie, Terroriste bomme en wapens (waarnatoe ek hiermee gaan weet ek nog nie). Tuindienste het almal tuine. 'n Motor verkoopsman,…

Is Jesus enough?

We need the anointing of God in our lives if we are to be effective salty Christians in a dying world. So many believers operate like history teachers. We know the Word of God, we memorize Scriptures, we know the stories in the Bible, but there is…

Lewenslesse

skaal1208
Ek het ‘n paar goedjies langs die pad geleer. ‘n Skaal het ‘n maksimum gewig wat hy kan dra. Wanneer jy ysies in die bed lê en suig, moet nie die TV se afstandbeheer langs die ysie neersit nie. Die petrolliggie in jou motor het ‘n doel. As die kat…

Haelstorm

haelstorm1908
Ons plaaslike radiostasie maak die aankondiging. “Pasop mense, hael is oppad”. Soos meerkatte wat hulle gate soek wanneer ‘n roofvoël op hulle afpyl, is almal op ‘n missie uit om uit die groot gevaar te bly en om skuiling te soek. Almal reageer op…

Laat los en laat God

letgo3007
Die "intro quote" in een oggend se dagstukkie publikasie lees dat as ons nie op God se krag binne ons staatmaak nie, sal ons nie kan staande bly teen die druk rondom ons nie. Die oggend tevore, so in my enigheid, het ek gedink aan die stryd wat ons…

Oudisie

oudisie1708
Ons TV-kyktyd word deesdae letterlik oorgeneem deur “realiteits”-programme. As dit nie is vir iemand wat ‘n Idol wil word, of ‘n model, kitsmiljoenêr, of ‘n kamma dit of dat nie, gaan laai hulle ‘n spul ouens af op ‘n eiland en kyk wie kan oorleef.…

Koringkorrel

Joh 12: 24-26 : "...As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die…

3 sekonde reël

pfj0611
My oudste dogter kom ingestap en sê :" Pa weet jy hoeveel beteken die pfJ's vir my?" Ek glimlag en antwoord dat dit soms voel of ek hulle net vir myself opstel. Maar sy sê toe 'n baie interressante ding, en dit is dat sy soveel male al die inhoud…

Dinosaurusse

dinosaurs2702
Onlangs is ek in ‘n boekwinkel. Tussen die soekery na my afdeling, is daar ‘n Boetie en sy Sussie, ek skat die seuntjie so op 5 en sy sussie seker so jaar of wat jonger. Hulle sit plat op die mat met ‘n boek tussen hulle. Ek loop verby, maar die…

My eerste salaris

testimony0505
Tydens ‘n diens gee die prediker die geleentheid vir mense om ‘n getuienis te lewer. ‘n Baie welgestelde man staan op en sê; "Ek is ‘n multimiljoenêr en dit is alles te dankie aan die ryklike seëninge van die Here." sê hy. "Ek kan nog die draaipunt…

Staan vas!

promised2307
‘n Paar jaar gelede het die taak of die pad wat die Here vir ons gegee het vir my begin lyk na 'n onoorkombare berg. Dit was nie 'n geval van moedeloosheid nie, en dit het ook niks met ons bediening te make nie, wel nie wat die pfJ's betref nie,…