• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

love0109
Anders as waar die betekenis van hierdie opskrif ‘n voorwaarde vervat dat jy iets sal doen om jou liefde te bewys, het ek oor die jare geleer watter verantwoordelik ek teenoor Zelda het wat my liefde vir haar betref. So raak mens maklik gewoond aan jou maat en net so maklik raak jy onbedagsaam en ongevoelig teenoor hom of haar se behoeftes. Gewoonlik loop hierdie uit op ‘n rusie om dan maar net weer die siklus te herhaal verder af in die pad.

Aanvanklik sou ek ek vir Zelda verkwalik oor sulke tipe opmerkings. “Ek is mos nie iemand wat ontrou is, of wat elke aand kuier of nie dit of dat nie—ek is mos lief vir jou?” was een van my antwoorde.  Dit laat my dink aan die grappie waar die vrou vir die man gevra het hoekom hy nie vir haar sê dat hy haar ooit liefhet nie. “33 jaar gelede het ek vir jou in die kerk gesê dat ek vir jou liefhet. En totdat ek eendag sê dit is nie meer so nie, bly dit onveranderd!”

Met die verloop van tyd het ek tot die besef gekom dat dit dieper gaan as bloot ordentlikheid en bedagsaamheid.  Dit het gegaan dat ek haar nie wou teleurstel nie. As ek ‘n keuse moes maak wat my vrou tweede in my lewe sou stel, was dit belangriker om myself eerder tweede te stel en haar belange eerste te stel. Hierdie was gewoonlik nie groot “issues” nie, net eenvoudig ongerieflik. Was ek nog steeds lief vir my vrou lief ten spyte dat ek haar tweede sou stel? Ongetwyfeld. Ongelukkig kon Zelda nie dieselfde sê nie—dis hoe sy dit ervaar het.

My Christen-lewe het ongelukkig al baie dieselfde paadjie geloop. Menigmaal moes Jesus maar agter in die ry staan wanneer dit by my behoeftes kom. Het ek Jesus geken? Ongetwyfeld. Het Hy al baie die “scraps” gekry, dit wat oorgebly het? Ek is te skaam om te antwoord.

Ek is Jesus so dankbaar dat Hy nie dieselfde met my doen nie. Ek sou maar sleg tweede gekom het. Ek dink aan ‘n skrifgedeelte waar Jesus die opmerking maak en sê. Joh 14:23  Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy My woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Ek sukkel om verder aan die skryf te kom. Ek soek woorde om die teksvers anders te stel, dalk ‘n bietjie sagter, dalk ‘n bietjie meer motiverend. Soontoe, dalk hiernatoe...

Dit is nie ‘n dreigement deur Jesus nie, dis realiteit. As ons vir Jesus liefhet sal ons die behoefte hê om Hom eerste te stel. Ek interpreteer dit nie as moets en moenies nie, ek interpreteer dit om ‘n strewe te hê, met God se genade en my bereidwilligheid, ‘n gesindheid te ontwikkel wat op Sy Woord geskoei is, ‘n gesindheid om Hom tevrede te stel met my lewenswandel. Om myself uit te verkoop aan Hom. My eie ek te kruisig en om in myself te sterf.

Ek en Glenn Forbes drink een middag in ‘n koppie koffie en praat so oor die Here. Ek vertel hom van my kêps wat Zelda vir my gekry het. Dit lees : “Alien—1Pet 2:11”

Hy sê hy wil een maak wat lees : “Dead Man Walking”.  Dan praat hy verder : “I have died, I no longer live for myself, but only for Christ”

Kom ons raak nie dieper godsdienstig om Sy Woord na te kom nie, kom ons fokus eerder om in onsself te sterf sodat Hy ons ‘n nuwe lewe kan gee en Sy Woord op ons harte kan skryf.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Deur watter lens kyk jy?

Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel…

25 Februarie 2008

Ek hoop jy het lekker gerus die naweek! Ons is so gebless met jou wat kom inloer en sal ons nog eendag vir jou ‘n getuienis gee van Bertus (www.hiswordministry.com) se profesie en hoe dit so te sê oombliklik daarna begin gebeur het rakende ons…

Die nuwe kerk

building01
Op ‘n pad wat ons gereeld ry is daar ‘n kerk wat tans besig is om vir hulle gebou op te rig. By tye lyk dit of die bouwerk lank stilstaan, ander kere sien mens sommer in ‘n week hoe hulle gevorder het. Ek vermoed die gemeente is dalk besig om dit…

Kennis of boesemvriend

masai0108
Onlangs op TV was daar ‘n dokumentêre program oor die Masai en veral oor hulle krygsmanne. Met hulle kenmerkende rooi kledingstukke is hulle dalk die Westerse ekwivalent van ‘n Pierre Cardin. As jy dalk nog wonder wie die ouens is, sal jy seker nou…

‘n Nuwe hart

gutenberg3010
‘n Versamelaar van skaars boeke loop een van sy vriende raak en die vertel hom hom hy het onlangs een van sy ou Bybels weggegooi. "Watter een was dit? Verneem die versamelaar "'n Guten-iets bybel" "Nie ‘n Gutenberg Bybel nie?" vra die versamelaar…

Bergpiek

goldengate
Golden Gate - Oos Vrystaat Jare gelede het ons een naweek Golden Gate in die Oos Vrystaat besoek. Daar is die lekkerste voetpaadjies wat ‘n mens kan volg. Een van hulle en as jy tyd het (dalk moed ook inbring) is om oor die berg te loop. Dit is…

Wat regtig iets beteken in die lewe

Hierdie volgende gedeelte kom uit die inspirational story; Seattle Special Olympics. What truly matters in this life is helping others win, even if it means slowing down and changing our course. Ry vandag net in die verkeer en neem waar hoe ons op…

Oom Louis

tweaser171209
Oom Louis, my Pa se jongste broer is sy hele lewe lank ‘n karakter. Stories oor wat hy alles gedoen het en die moeilikheid waarin hy gekom het is legendaries. Maar as ek aan hom dink kan ek nie help om die prentjie te sien waar ons een naweek vir…

Lewenslesse

skaal1208
Ek het ‘n paar goedjies langs die pad geleer. ‘n Skaal het ‘n maksimum gewig wat hy kan dra. Wanneer jy ysies in die bed lê en suig, moet nie die TV se afstandbeheer langs die ysie neersit nie. Die petrolliggie in jou motor het ‘n doel. As die kat…

Laat los en laat God

letgo3007
Die "intro quote" in een oggend se dagstukkie publikasie lees dat as ons nie op God se krag binne ons staatmaak nie, sal ons nie kan staande bly teen die druk rondom ons nie. Die oggend tevore, so in my enigheid, het ek gedink aan die stryd wat ons…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…

Baklei teen jouself

baklei2907
Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige…

Moet dit nie te vêr druk nie

kaart1308
"Poedingbakkies" was sy naam. Ek en hy was sedert st 5 saam in die klas, in dieselfde koshuis en nogal goeie pêlle. Dis Villiersdorp se wêreld hierdie. In teenstelling met Nollie se geweste het ons krieket pitch darem taai gebly en nie uitermatig…

Zoeloe-impie

running
Ek word so te sê elke dag daaraan herhinner. Dis ‘n beeld wat ek nooit ooit in my lewe sal vergeet nie. Joné (ons jongste dogter) was op daardie tydstip in Graad 7 gewees. Ek het haar die oggend by die skool afgelaai en weggery. ‘n Blok verder moes…

Volg Hom

zebra1801
‘n Interressante feit uit ons wildrit was dat blesbokke nie wei met hulle koppe in die rigting van die son nie. Daar is ‘n vlieg wat in hulle neuse kan kom, eiertjies kan lê, wat die bokke nie teen die mure uitdryf nie, maar hulle die bosse kan…

My eerste salaris

testimony0505
Tydens ‘n diens gee die prediker die geleentheid vir mense om ‘n getuienis te lewer. ‘n Baie welgestelde man staan op en sê; "Ek is ‘n multimiljoenêr en dit is alles te dankie aan die ryklike seëninge van die Here." sê hy. "Ek kan nog die draaipunt…

Lewendige interaksie

flattyre
Hier oor die paasnaweek van 2006 het ons so ‘n bietjie gaan uitspan by die see. Dit was agterna so lekker om terug te wees hier in die subtropiese streek wat ons die Vrystaat noem. Jy mag dalk wonder oor die subtropiese verwysing, maar dit is hoe…

Jou rekenaar is stadig

slow-pc
Kyk!, as die een of ander slim advertensie nou weer vir my wil sê my rekenaar is stadig... Hulle lê en wag vir my om elke draai. Ek kan nêrens heen "surf" op die internet sonder om heeltyd herhinner te word: "Your PC is slow..." Behoede jou as jy…

050505

Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…