• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

BenCarson1701'n Kwaadaardige breingewas is by Christopher Pylant gediagnoseer, maar sy ouers het geweier om te glo dat hy nie gered kon word nie. Die neurochirurg Ben Carson het gesê, 'Ek kan julle glad nie hoop gee nie.' 'Die kundiges het in [die Amerikaanse staat] Georgia so gesê,' het die moeder geantwoord, 'maar God het ons na Baltimore gelei en gesê hier is 'n dokter wat kan help. Ons glo jy is daardie dokter.' 'Ek sal my bes doen,' het Carson geantwoord en om 'n wonderwerk gebid. Die operasie het gewys dat die kanker Christopher se breinstam feitlik vernietig het - en sonder 'n breinstam is lewe nie regtig moontlik nie. Carson het gesê, 'Ek is jammer, ek kon julle seun nie help nie. Ons het almal gebid, maar God se weë is soms duister.'

Die vasberade ouers het geantwoord, 'God sal ons seun gesond maak. Ons glo Sy belofte.' Carson het hulle geloof bewonder, maar die mediese bewys was onweerlegbaar. Christopher was vir drie dae bewusteloos, maar sy toestand het daarna begin verbeter. Na 'n opvolg-skandering het Carson weer geopereer en nadat hy die kankergewas verwyder en die breinspleet skoongemaak het, het hy die gesonde breinstam gesien - misvorm, maar ongeskonde! 'n Maand later is Christopher ontslaan en saam het sy ouers en die chirurg God vir die wonderwerk bedank. 'Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy daadwerklik beloon.'

Carson het gesê, 'Goddelike heerlikheid het op hulle gesigte geskyn toe hulle daardie dag uit die hospitaal loop, en ek het my moeder weer hoor sê, "As jy God om iets vra en glo dat Hy dit sal doen, sal Hy".'

Bron : Radiokansel