• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

dirtywindows2705'n Vrou het elke oggend 'n aanmerking oor die bure se 'vuil' wasgoed gemaak. Op 'n dag het sy gemerk dat die wasgoed skitterskoon was: 'Sy gebruik dalk 'n ander waspoeier,' het sy gesê. 'Nee,' het haar man geantwoord. 'Ek het óns vensters gewas.' As Paulus oor '...boosheid, grypsug, kwaadwilligheid...jaloesie, moord, twisgierigheid, skelmstreke...en skinderpraatjies' (Romeine 1:29 NLV) praat, dink ons maklik dat dit nie op óns van toepassing is nie. Dan sê hy egter, '... eintlik doen jy dieselfde soort dinge. Daarom is jy ook sonder verontskuldiging.' (Romeine 2: 1 NLV). Miskien het jy nog nooit geld verduister nie, maar jy hét dalk al iemand tekort gedoen? Of belasting ontduik? Sleg gedra wanneer jy in 'n verkeersknoop vassit? Skinderstories vertel?

Phil Yancey sê: 'Moord en owerspel is net 'n graad verwyder van haat en wellus...Paulus gebruik skerp taal wanneer hy oor selfvoldane mense praat...As 'n Fariseër...het hy die patroon geken...die gevaar wat met 'n gevoel van morele meerderwaardigheid gepaard gaan. Net soos ontkenning jou verhoed om 'n dokter oor 'n knop te spreek...lei ontkenning van sonde na erger gevolge...Ek sou 'n praatjie lewer vir Christene op 'n kursus...Terwyl ek oorweeg het wat ek sou sê...het ek onthou wat gerehabiliteerde alkoholiste elke dag bely - persoonlike mislukking en die behoefte aan genade...verteenwoordig hoë hekkies vir diegene van ons wat trots is op ons onafhanklikheid en selfstandigheid. Romeine 3:10 NLV sê, '..."Niemand is goed nie - selfs nie een enkele een nie...' en God se genade is die enigste oplossing. Dis verniet, behalwe vir die Wet, en...menslike strewe na selfverbetering...ons hoef slegs ons smekende hande uit te steek - die moeilikste ding vir selfvoldane mense.'

Bron : Radiokansel