• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

footsteps1104As jy in Sy voetspore wil volg, moet jy die volgende van Jesus weet::

1) Hy het nooit oorhaastig opgetree nie. Hy het nie onder druk gewig nie. Gesoute onderhandelaars weet dat tyd 'n wapen is; wie ook al die haastigste is, sal gewoonlik die stryd verloor. Wag lê die gebreke van 'n plan en verskuilde motiewe bloot. As jy geduldig is, sal jy minder foute maak. Beplan dus vir die langtermyn.

2) Hy het geweet wanneer om te werk én wanneer om te rus. Tydens die storm op die See van Galilea het die dissipels gewerk, maar Jesus het geslaap. In die Tuin van Getsémané het die dissipels geslaap, maar Jesus het geworstel. Hy het geweet wanneer om op te tree en wanneer om te vertrou; waaraan jy aandag moet gee en wat jy in God se hande moet laat. Dis iets wat jý sal moet leer om te keer dat jy uitbrand. Jesus was baie besig, almal wou Sy aandag hê. As jy suksesvol is, sal mense ook jóú aandag wil hê. Jesus het geweet Hy Hom soms eenkant moes hou, sodat Hy kon ontvang. Hy het begryp dat jy nie kan gee wat jyself nié het nie.

Werk beteken gee, rus beteken ontvang. Jesus het die balans besef; dis hoekom Hy so baie in slegs drie kort jare kon doen. As jy uitgerus is, kan jy beter dink, neem jy beter besluite, jy het meer selfvertroue, doen meer in 'n korter tyd, en dit wat jy bou, sal langer hou. Staak jou dolle haas. Om in Jesus se voetspore te volg, beteken om gelei en nié gedryf te word nie!

Bron : Radiokansel