• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

chef020211Ons behoort bekommerd te wees omdat die 'gesonde leer' vandag met 'goedvoel teologie' vervang word. Vlieëniers het vaste reëls. Chirurge het vaste protokol. Is jy nie bly dat húlle dink doktrine is belangrik nie? 'n Sielkunde-student wat in die weermag kombuisdiens moes doen, het besluit om die reaksie van verskillende groepe soldate op appelkose te toets. Eers het hy 'n negatiewe benadering gebruik: 'Jy wil mos nie appelkose hê nie, wil jy?' Negentig persent het nee gesê. Hy het daarna 'n positiewe benadering gebruik: 'Jy wil mos appelkose hê, nè?' Meer as die helfte het ja gesê. Hy het met 'n derde groep die of/of tegniek gebruik: 'Wil jy een of twee skeppies appelkose hê?' Ten spyte daarvan dat meeste van hulle nie eens regtig van appelkose gehou het nie, het veertig persent twee porsies en vyftig persent een porsie appelkose geneem. Wees dus gewaarsku: as jy nié sélf 'n vaste geloofsisteem het nie, gaan jy maklik by iemand anders s'n betrek word.

Paulus het aan Timoteus gesê: 'Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, weerlê en bemoedig met gesonde onderrig. Want daar kom 'n tyd wanneer mense nie meer na die regte onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg.' (2 Timoteus 4:2-4 NLV). Wanneer jou gevoelens jou nie meer kan ondersteun nie, sal gesonde leer dit doen, want een berus op emosie en die ander op die ewige Woord van God.

Bron : Radiokansel