• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

NYT2411George Jones het begin werk as 'n klerk in 'n supermark en het vinnig 'n goeie reputasie gekry weens sy werksetiek. Hy was 'n sprekende voorbeeld van die beginsel: "Die Here verafsku mense wat hulle woord breek. Hy hou van mense wat by hulle woord staan" (Spreuke 12:22 NLV). Die bekende joernalis, Henry Raymond, het notisie geneem van George se karakter. Hulle het vriende geword en saam die New York Times gestig. Jare later, toe die koerant standpunt ingeneem het teen die bendelid, Boss Tweed, het Jones 'n omkoop-aanbod van vyf honderd duisend pond ontvang om af te tree en in Europa te gaan woon. Hy sou soos 'n prins kon lewe tot die dag van sy dood. "Ja", het Jones die aanbod afgewys, "en met die wete moet saamleef dat ek 'n skelm is."

'n Digter het geskryf: "I have to live with myself and so, I want to be fit for myself to know. I want to be able as days go by, always to look myself in the eye. I don't want to stand in the setting sun and hate myself for the things I've done. I don't want to keep on a closet shelf, a lot of secrets about myself; and fool myself as I come and go, into thinking nobody else will know - the kind of man I really am." Niks is belangriker as jou karakter nie. Dit maak nie saak hoe ryk of suksesvol jy is nie - as jy jou karakter verloor, het jy alles verloor. En 'n laaste gedagte: as jy altyd doen wat reg is, hoef jy nooit te probeer onthou wat jy gedoen het nie!

Radiokansel