• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

soldier0806Toe Jesus deur Judas verraai is, het Hy net daar gestaan, alhoewel Hy 12 legioene engele tot Sy hulp kon roep. Toe het die skare gekom om Hom onder arres te plaas. Petrus was gereed om die Here te verdedig en het met sy swaard die Hoë Priester se kneg se oor afgesny. Petrus was impulsief en het gedink, "Ons hoef nie hierdie onreg nie te aanvaar nie!" Maar Jesus het gesê, "Nee, dit is nie hoe ons dinge hanteer nie!" Daarna, "het Hy die oor aangeraak en dit gesond gemaak" (Luk 22:51 NLV). Petrus was besig om te praat toe hy moes luister, en besig om dinge te doen toe geen aksie nodig was nie. Hy moes leer om te wag vir God, om nederig te wees en goeie oordeel te gebruik. God het wonderlike planne gehad vir Petrus, maar as hy mense na Jesus wou lei sou hy dit nie regkry deur hul ore af te sny nie. Ons kan 'n les hieruit leer.

Ons growwe woorde kan mense se vermoë om te luister afsny. Ons kan nie met mense baklei net wanneer ons wil nie. Ons moet na God luister: As Hy vir ons sê, "Bly stil" dan moet ons stilbly, al beteken dit dat iemand anders dink hy is reg wanneer ons weet hy is nie. Ons moet sê, "Ja, Here" en aanvaar dat Hy ons nie 'n verduideliking verskuldig is nie.

Hoeveel keer verhoed ons iemand se Geestelike groei, of God se seëninge omdat ons geen beheer uitoefen oor wat ons sê nie? Miskien dink jy nie dis so erg nie? Dink weer: "Iemand wat op sy woorde let, bevorder die lewe. 'n Bitisge antwoord kan alles ruïneer" (Spr 13: 3 NLV).

© Radiokansel.co.za