• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ImageIn die gelykenis van die saaier het Jesus gesê: "Daar is mense by wie daar soos tussen die onkruid gesaai word. Dit is hulle wat die woord hoor, maar die sorge van die lewe en die verleiding van rykdom en die begeertes na allerhande ander dinge kom op en verstik die woord, en dit bly sonder vrug," (Mark. 4:18-19, NAV). Let op: die probleem lê nie by die saaier of by die saad nie, dit lê by die grond. Jesus het gesê: "Dit is hulle wat die woord hoor", so Hy praat hier van kerkgangers wie se houding van so 'n aard is dat dit elke Skrifgedeelte wat hulle hoor, lees of probeer toepas, bloot versmoor. Jesus beskryf die onkruid as: "die sorge van die lewe en die verleiding van rykdom en die begeertes na allerhande ander dinge".

As jou waarde of sin van sekuriteit bepaal word deur enigiets anders as jou verhouding met God, gaan bekommernis jou verstik en die laaste lewensasem uit jou uit wurg. Ware geluk lê daarin om op God te vertrou vir enigiets wat jy nodig het, om te weet dat Hy dit aan jou sal gee wat goed vir jou is, en as iets nie goed genoeg is nie, al Hy iets beter aan jou gee.

Chuck Swindoll skryf: "Ons lewe tussen die onkruid omdat ons 'n stil, respekvolle, geheime liefde daarvoor het. Ek weet dit. Ek het genoeg wonde wat dit bewys. Elkeen daarvan is 'n stom herinnering aan jare wat ek vasgevang was in die boskasie, en van tyd tot tyd moet ek steeds 'n paar plantjies uitpluk." Wat van jou - is daar nog onkruid in jou lewe om uit te trek?

© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)