• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ImageIn The Finishing Touch skryf Chuck Swindoll:

"Die vliegtuig was oppad New York toe - 'n doodgewone, vervelige vlug. Maar hierdie keer sou anders wees. Terwyl hulle begin daal het, het die vlieënier besef dat daar fout was met die landingsonderstel. Hy het die knoppies gedruk, weer probeer om die onderstel in posisie te kry, sonder enige sukses. Hy het vir die beheertoring gevra om aan hom instruksies te gee.

Die vliegtuig het rondom die lughawe gedraai, terwyl noodpersoneel skuim op die aanloopbaan gespuit het, en brandweerwaens en ander noodvoertuie stelling ingeneem het. Intussen het die kaptein in 'n kalm stem met die passasiers gesels. Die vlugpersoneel het bedaard deur die kajuit beweeg. Passasiers is gesê om hulle hande tussen hulle knieë te plaas en net voor impak hulle enkels te gryp. Daar was trane, paniek en benoude uitroepe.

Toe daar net 'n paar minute voor hulle landing oor was, het die vlieënier skielik aangekondig: 'Ons begin met ons landing. Op hierdie oomblik is ek verplig om volgens die internasionale lugvaart-reglement van Genève vir almal wat in God glo te vra dat julle asseblief moet bid.' Op my erewoord! Dit is presies wat hy gesê het!" Wat is dus die boodskap hier? "Moenie roem oor wat jy môre verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie," (Spr. 27:1, NAV). Lewe elke dag in die lig van die ewigheid.

Gryp elke oomblik en pers elke druppel daaruit. Geniet en bemin die mense wat saak maak.

Met ander woorde, voordat jy doodgaan - lewe!