• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKSommige van ons is soos die vrou wat gespog het: "Ek en my man het 'n wonderlike huwelik. Daar is niks wat ek nie vir hom sal doen nie en niks wat hy nie vir my sal doen nie. Dit is hoe ons deur die lewe gaan - ons doen goed vir mekaar!"

Selfgesentreerde, winsgedrewe leiers kyk dikwels die behoeftes mis van diegene wat hulle juis kan help om hulle doel te bereik. Hulle neem nie tyd om te belê in die mense wat saam met hulle werk nie. Wanneer 'n persoon dan voel dat hy nie raakgesien of versorg word nie, word hy rusteloos en soek na groener weivelde. Dit is veral waar wanneer leiers so oorweldig word deur die taak op hande dat hulle nie daarin slaag om die mense te waardeer en in hulle te belê nie, en ook nie die vaardighede raaksien wat reg voor hulle is nie.

Dr. Anton Rupert moes as student sy mediese studies staak weens 'n gebrek aan geld en het begin werk as 'n droogskoonmaker. Koning David het begin as harpspelende skaapwagter.

Jesus het spesiaal tyd afgestaan om saam met sy dissipels te spandeer, om aan hulle dinge te verduidelik wat net vir hulle bedoel was. Hy het geweet dat jy moet belê as jy 'n opbrengs wil sien! Wyse leiers plaas die belange van hulle spanlede bo dié van hulself. C. Gene Wilkes het opgemerk: "Spanleiers glo werklik dat hulle nie al die antwoorde het nie - dus bied hulle nie aan om dit te gee nie. Hulle weet dat hulle nie alleen al die kern-besluite hoef te neem nie en dus doen hulle dit ook nie. Hulle glo dat hulle nie kan slaag sonder dat volledige span samewerking nie - daarom vermy hulle situasies of optredes wat die span se samehorigheid kan beïnvloed. Ego is nie al waaraan hulle dink nie."

Kopiereg 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za