• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKWanneer Nehemia oor homself praat, praat hy eerlik en opreg oor hoe hy oor die ruïnes van Jerusalem gehuil en vir leiding gebid het, en oor hy gewonder het of hy sal oorleef. Wanneer hy later vertel van die ongelooflike projek waartydens Jerusalem se mure in slegs 52 dae herbou is, gee hy die eer aan ander. "Maar ons het die muur opgebou en die volk was met hulle hart in die werk." Daar is geen beperkinge aan dit wat gedoen kan word wanneer niemand omgee wie die eer daarvoor kry nie.

Die afgelope jare het Bono (die hoofsanger van die popgroep U2) sy talente verder ingespan as net in sy musiek en het hy 'n passievolle kampvegter vir die hulpeloses en verdruktes geword. 'n Interessante feit is dat hy die Bybel lees en hy het geleer om saam met ander te werk sodat sy saak bevorder kan word. Hy het al vergader met staatshoofde, ekonome, industrieleiers, beroemdes - enigiemand wat die potensiaal het om die men se te help wat hy probeer bereik. Waar het Bono geleer om op ander staat te maak, saam in 'n span te werk en gebruik te maak van ander se hulp? Gewoonlik is popsterre selfgesentreerd, geïsoleerd en ongeërg teenoor ander mense. Dit is dalk die rede waarom baie musiekgroepe nie lank hou nie. Bono merk op: "Daar is baie tye wanneer mense so verlore in hulleself is en in die eise van hulle eie lewens, dat dit baie moeilik is om in 'n groep te wees. Mense wil eintlik koning kraai op hulle eie gebied. Wanneer 'n mens ouer word, raak ons elkeen tog ontslae van argumente en bakleiery. 'n Mens sien dit in jou vriendekringe en in jou gesin. Die groep rondom jou wat met jou saamstem, word al hoe kleiner. Op die ou end leef mens in 'n dowwe soetsappigheid.

"Onthou: As jy wil slaag, leer om saam met ander te werk.

© Kopiereg 2007 Radiokansel . www.radiokansel.co.za