• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKDie volgende komieklike brief illustreer presies dit wat Paulus nie bedoel het toe hy gesê het: "Mans, julle moet julle vrouens liefhê," nie."

Liewe vriende. Mans moet onthou wanneer hulle vroue oud word, is dit moeiliker vir hulle om die kwaliteit van hulle huiswerk op dieselfde vlak te hou. Wanneer mans dit agterkom, moet hulle probeer om nie op hulle vroue te skree nie. Laat ek aan julle vertel hoe ek die situasie hanteer. Toe ek vroeg afgetree het, was dit noodsaaklik dat Nancy voltyds moes begin werk. Kort nadat sy begin werk het, het ek agtergekom dat sy begin oud lyk. Ek kom gewoonlik tuis van die viswaters af teen dieselfde tyd wat sy van die werk af kom. Alhoewel sy weet dat ek rasend honger is, rus sy meestal eers voordat sy begin kos maak. Ek probeer om nie op haar te skree nie en sê eerder vir haar dat sy haar tyd moet vat en my moet wakker maak sodra die kos op die tafel is. Sy het gewoonlik die skottelgoed gewas sodra ons klaar was met aandete. Deesdae los sy hulle vir etlike ure na ete. Ek doen maar wat ek kan en herhinner haar elke aand daaraan dat die skottelgoed nie hulself gaan was nie. Ek weet sy waardeer dit, aangesien dit haar help om te onthou om die skottelgoed te was voordat sy bed toe gaan.

Dit gee haar ook meer tyd om ander goed te doen soos om die hond te bad, te stofsuig en af te stof. En as ek 'n goeie dag langs die viswaters gehad het, is daar meer tyd vir haar om die vis rustig skoon te maak. Ek weet dat ek waarskynlik soos 'n engel lyk omdat ek Nancy so ondersteun. Maar, ouens, as ek dit net kan regkry dat julle minder op julle vroue skree nadat julle hierdie brief gelees het, was dit die moeite werd.

Geteken, Bob.

Na-skrif: Bob se begrafnis is die Saterdag gehou. Na na-skrif: Nancy is Maandag in hegtenis geneem.

© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za