• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKHet jy al ooit een van daardie TV programme gekyk waar mense waaghalsige en gevaarlike goed aanvang - goed wat jy dalk dink jy ook kan doen? Daar is egter altyd 'n vrywaring wat lui: "Moenie dit by die huis probeer nie," of "Moenie dit op jou eie probeer nie." Terwyl ons dit in gedagte hou, laat ons lees: "God het deur Paulus wonderbaarlike dinge gedoen. Selfs doeke of voorskote wat aan sy lyf geraak het, is op siekes gesit en dan het hulle siektes verdwyn; en die bose geeste het uit hulle uitgegaan. Party Jode wat rondgegaan het om bose geeste te besweer, het dit ook gewaag om die Naam van die Here Jesus daarvoor te gebruik. Hulle het gesê: 'Ek besweer julle in die Naam van dié Jesus wat deur Paulus verkondig word.' Dit was die sewe seuns van 'n Joodse priesterhoof, Skeva, wat dit gedoen het. Maar een van die bose geeste het vir hulle gesê: 'Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?' Die man met die bose gees spring toe onder hulle in en oorweldig hulle. Hy was te sterk vir hulle, sodat hulle kaal en stukkend geslaan uit daardie huis gevlug het," (Hand. 19:11-16).

Paulus is só deur God begenadig dat hy sy bediening maklik laat lyk het. Dié ouens het gedink: "Ek kan dit ook doen." Nee, jy kan nie! Tensy God jou daarvoor toerus, sal jy hard met die aarde kennis maak! Die sewe seuns van Skeva was aangetrokke tot die verkeerde goed. Hulle wou Paulus se krag hê, maar sonder om dieselfde prys te betaal. God rus jou nie toe om jou eie ding te doen nie. Hy rus jou toe om te doen wat Hy wil; dit is al wat saak maak. 'n Geesvervulde lewe kan nie nagemaak, gedupliseer, gekoop of geleen word nie - en sonder dit sal jy nie opgewasse wees teen die vyand nie!

© Kopiereg Radiokansel 2007 (www.radiokansel.co.za)