• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

fakeIt“Verwagtinge beheer ons lewe”, hoor ek die woorde van iemand in een van die koffiewinkels in ons stad. Dit het my laat dink aan die verwagtinge wat ek en jy vir ander mense koester en ook die verwagtinge wat ons van onsself het. Die woorde het in my gedagtes vasgesteek: “Fake it till you make it”.

Hierdie verwagtinge maak ons moedeloos en bring ‘n klomp seer by mense. Sommige partytjie te veel, want mense verwag dit van hulle. Ander weer het elke ander dag ‘n nuwe masker op en dit hang gewoonlik af van die plek, tyd en omsdighede waarin hulle hulleself bevind. Dit bring dikwels innerlike spaning, want al jou energie word gewy aan mense en of hulle van jou hou of nie! Die eerste beginsel is nogal belangrik en dit is om te aanvaar dat nie alle mense van jou gaan hou nie.

Persoonlike voorkeure en verskillende persoonlikhede maak dat sommige mense jou op ‘n afstand gaan hou. Dit is maar net hoe hulle is. Wees versigtig vir die speletjie om elke keer iemand anders te probeer wees net om ander gelukkig te hou. Dit werk nie oor ‘n lang termyn nie. Streef eerder daarna om alhoe beter jouself te wees-jou beste self te wees.

Dit is nogal ‘n uitdaging veral in die lig van mense se verwagtinge, tog het elkeen van ons die potensiaal om dit te doen. Wil jy nie saam met my vandag jou beste self ontdek nie.

Stephan van Heerden (klipkerk.co.za)