Latest Testimonies
- Haiti Aardbewing
- 'n Getuienis oor dwelmverslawing
- Anthonie Bougas - Genees na gebed
- Boere haal kankerlyer se oes van die land af
- Buchan voorspel, toe reën dit
- Ek het 'n nuwe lewe gekry
- Die Here het 'n lewe kom red
- 'n Vrou se gebed en dokters staan verbaas.
- Pastor saved by psalm book
- God se beskerming tydens 'n motorbotsing
- Rugbyspeler kan weer loop ná gebed
- ‘Jesus het my teruggebring'
- Ou Abraham
- Seun gou beter 'danksy gebede'
- Hendrik Nel beleef die teenwoordigheid van God
Latest additions to website
- Altar Call, Windshield, GPS backup
- Interesting Facts # 393
- Listening to your heart
- Not to be eaten, The Lords Prayer, Birthday presents
- Interesting Facts # 392
- Moet nooit ophou groei nie
- Of primary importance
- the Paper, New policy, Late night call
- Interesting Facts # 394
- When You See Jesus
- Draai terug na God
- Wat kan ek glo?
- The Principle of the Path
- Tax savings, Siblings, Honesty
- Interesting facts # 393
- A conspiracy of kindness
- Reigniting Your Passion For God
- Interesting Facts # 392
- God of Geld?
- Practicing With Wet Footballs, Just In Case
- Museum, Black Death, Parked vehicle
- Man's Best Friend, Good lawyer, Marksman, Hard Work
- Interesting Facts #391
- The Miracle of the Carpenter
- School play, Fishing, New address
- Interesting Facts # 390
- Who's your hero?
- Adam And Eve, Instructor, Robbing a bank, Mommy
- Interesting Facts # 389
- It Was Those Deacons
| Ek het 'n nuwe lewe gekry |
|
|
|
| Written by Volksblad | |||
|
KIMBERLEY. - Hy het 'n nuwe lewe gekry waarvoor hy die Here loof. Hy gee aan Hom alle eer vir sy wonderbaarlike herstel. So gesels mnr. Hennie Coetzer (42), 'n bekende sakeman van die stad, nadat hy op 16 Junie in 'n fratsongeluk deur skrapnel van 'n koeël van 'n jaggeweer getref is toe hy en 'n goeie vriend gaan jag het. Hy en 'n goeie vriend het op hul familieplaas sowat 50 km op die Boshof-Rietpan-pad gaan jag. Hennie het voor in die bakkie gesit.
Die koeël het toe deur die dak van die bakkie gegaan en die skrapnel het Hennie in sy skedel getref. Hy is dieselfde aand geopereer om die skrapnel uit sy skedel te verwyder. Hy is onder verdowing gehou en was in 'n kritieke toestand. 'n Gebedsaksie is vir hom begin. Coetzer, wat reeds uit die hospitaal ontslaan is, en sy broer, Dougie, bedryf sedert 1987 Kimberley Woonwaens en NC Audio in die stad. Hy het gister gesê hy herstel nou by die huis. Alles gaan goed en hy het geen rehabilitasie nodig nie. "Ek het vandag 'n bietjie begin werk. Ek begin stadig die toue optel. Ek begin binnekort oefen en moet nou net rustig, kalm en geduldig wees." Hy het gesê sy sig is nog beperk. Hy het halwe tonnelvisie en lees moeilik, maar alles gaan met die tyd herstel. Sy geheue is ook reg. Daar is ook begin om sy medikasie minder te maak. Hy kan nog nie self bestuur nie. Hy het 'n nuwe lewe gekry en sien uit na die toekoms. Sy totale herstel sal tussen 6 en 18 maande duur. Sy herstel is vir hom ongelooflik en hy wil die Here hiervoor loof en vir almal baie dankie vir hul ondersteuning sê. Ondersteuning het van die hele Noord-Kaapse gemeenskap gekom. Dit was vir hom 'n ervaring van 'n leeftyd. Hy het nou besef hoeveel wonderlike en goeie mense daar in die Noord-Kaap is. In sulke tye sien 'n mens wie is jou werklike vriende en hy het al sy vingers hiervoor nodig, maar sal ook sy skoene vir sy tone moet uittrek om hulle almal te tel - en hy sal nog ander mense se hande en voete ook moet leen hiervoor. Dit verskil van die uitdrukking dat 'n mens jou vriende op een hand kan tel. Hy sê hy is nie jammer oor wat gebeur het nie. Hy is bly oor waar hy nou is. Hannatjie van der Merwe - Volksblad - Jul 15 2009
|




