Inspiring Stories Menu

Lewe in geloof PDF Print E-mail
Written by Radiokansel   

bible2910Die Bybel sê: "Terwyl hulle nog steeds geglo het, het hulle almal gesterf sonder om die vervulling van God se belofte te beleef. Hulle het dit egter in die verte gesien en juigend begroet..." (Hebreërs 11:13 NLV). Gelowige mense sien met verwagting uit na die vervulling van God se beloftes, ongeag of hulle dit ooit self beleef. Jy mag wonder: "Hoe kan ek glo in 'n belofte wat ek nie sien waar word nie?" Mense soos Abram het nie bly leef om te sien hoe God uiteindelik die beloftes wat Hy aan hulle gemaak het, sou vervul nie, maar hulle het Hom tot die dood toe geglo. Om op God te vertrou, beteken dat jy op Sy Woord sal staatmaak, selfs al is daar geen tasbare bewyse dat dit waar sal word nie. Selfs op jou sterfbed, moet jy steeds op Hom vertrou. Dis hoe jy "lewe in geloof". Die woorde "in geloof" beteken eintlik "volgens die geloofsmaatstaf." Hierdie mense het almal volgens die maatstaf van geloof gelewe. Geloof was die heersende beginsel in hulle lewens! Selfs al moes hulle in die graf gaan sonder om God se beloftes vervul te sien, het hulle steeds verklaar: "God praat die waarheid." Hulle het geweet dat die vervulling sou kom en hulle het in daardie verwagting volhard.

Dit is wat God vandag van jou vra. Hy wil hê dat jy in afwagting voor Hom sal lewe, al weerspreek jou omstandighede die inhoud van Sy beloftes. Dit beteken ook dat jy God ten volle sal vertrou om Sy beloftes op Sy tyd, soos wat Hy wil, en ter ere van Sy Naam waar te maak.

Bron : Radiokansel

 

Subscribe to our newsletter

Every weekday we send out an inspirational email containing the latest additions to this website. Subscription is free and you don't have to join our church :)


Swaziland.png
Thailand.png
Botswana.png