Inspiring Stories Menu

Ses beginsels om volgens te lewe PDF Print E-mail
Written by Radiokansel   

Holy_bible1) Moenie bekommerd wees wanneer jy jou bes doen nie. God is nie met minder tevrede nie, maar vereis ook nie meer nie. "Vertrou op die Here en doen wat goed is.. en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee" (Psalm 37:3-4 NLV).

2) Moenie jaag wanneer jou sukses van akkuraatheid sou afhang nie. "Getroue werk lewer wins op. Afskeepwerk lei tot gebrek" (Spreuke 21:5 NLV).

3) Moenie afleidings maak totdat jy nie al die feite het nie. Almal het onbeantwoorde behoeftes, ongeneesde wonde en onvervulde hoop. "Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen" (Lukas 6:31 NLV).

4) Moenie aanneem dat iets onmoontlik is sonder om eers te probeer nie. Wanneer jy dinge op God se manier doen, sensitief is vir Sy tydsberekening en gewillig is om te volhard, word jou probleme 'n platvorm vir God om vanaf te werk. "En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk..." (Romeine 8:28 NLV).

5) Moenie jou tyd met onbenullighede mors nie. As jy jou prioriteite wil regkry, vra jouself af: "Wat is dit wat nét ek kan doen, of ek die béste kan doen?" Eers wanneer jy hierdie vraag kan antwoord, sal jy weet wat om te doen.

6) Moenie glo dat goeie bedoelings 'n verskoning is vir niksdoen nie. Evalueer jou lewe: praat jy net of doen jy? Dink spesifiek na oor jou geloof, finansies, familie, ens. Skryf die volgende neer en lees dit gereeld: "As dit moet gebeur, moet ek dit laat gebeur." Jakobus skryf: "Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie - sulke geloof is dood en help niks" (Jakobus 2:17 NLV).

Bron : Radiokansel

 

Subscribe to our newsletter

Every weekday we send out an inspirational email containing the latest additions to this website. Subscription is free and you don't have to join our church :)


Cambodja.png
Maldives.png
Scotland.png