Inspiring Stories Menu

Stories Inspiring
Verslaan die reuse in jou lewe PDF Print E-mail
Written by Radiokansel   

goliath120310Daar is waardevolle lesse te leer uit die storie van Dawid en Goliat:

(1) Konfronteer die dinge wat jou bedreig! Nadat hulle vir 40 dae lank na Goliat se dreigemente geluister het, het iets merkwaardig gebeur: die vyand het sterker geword en God se mense het verswak. Onthou, dié dinge waarvan jy weghardloop, haal jou net in!

(2) Onthou die lesse wat jy voorheen geleer het! Dawid het sy oorwinning oor die leeu, wat God vir hom gegee het toe hy nog skape opgepas het, onthou. Jy moet dit ook doen. "Tog is daar een ding waarop ek altyd kan reken en waarop ek altyd kan hoop: Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie. Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy liefde het geen einde nie. Op U ontferming kan 'n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut" (Klaagliedere 3:21-23 NLV).

(3) Gebruik die vyand se wapen teen hom! "Toe hardloop Dawid, trek die Filistyn se swaard uit die skede en kap sy kop daarmee af. Toe die Filistyne sien dat hulle baasvegter dood is, het hulle gevlug" (1 Samuel 17:51 NLV). Leer by jou vyand, en pas daardie lesse dan toe op sy eie swakhede. Moet nooit net aanneem dat hy dood is nie - as jy nie sy kop afsny nie, sal hy weer op 'n ander dag terugkeer. Versterk jouself met gebed, verkwik jou gedagtes deur die Bybel te lees en ontvang die ondersteuning van God se familie.

Bowenal, onthou dat jou krag slegs van God af kom. Met Hom aan jou sy, kan jy nie verloor nie.

Bron: Radiokansel

 
Jy kan beter doen! PDF Print E-mail
Written by Radiokansel   

thumbs100310William Johnston, eienaar van die Ritz-Carlton hotelgroep, het 'n wonderlike gesegde: "Kwaliteit is 'n wedloop sonder 'n eindstreep!" Natalie Nabal skryf: "As 99.9 persent goed genoeg was, sou die volgende dinge elke jaar gebeur het: 2 miljoen dokumente sou deur die Ontvanger van Inkomste vermis word; 12 babas sou aan die verkeerde ouers gegee word; 291 hartomlyningsoperasies sou misluk het; 20,000 medisyne voorskrifte sou verkeerd uitgeskryf word; 114,500 onpaar skoene sou verkoop word." Dit mag dalk nie vir jou veel beteken nie - tensy dit jou baba, jou voorskrif, jou hartomlyning, jou belasting of jou skoene was!

Hoekom sou die kerk-milieu bereid wees om 'n standaard van werk aan te bied en te aanvaar wat doodeenvoudig nie in die sekulêre arbeidsmark sou afgaan nie? Die feit dat die Bybel sê ons moet almal liefhê, is geen verskoning vir luiheid, laat opdaag en halwe werk lewer nie. As Christus dan in ons lewe, behoort ons nie bo die kompetisie uit te styg nie? Enigiets wat in God se naam gedoen word, moet met een doel gedoen word - uitnemendheid! Vir diegene wat Hom minder aangebied het, het God gesê: "Julle bewys nie respek deur dit wat julle doen nie..." (Maleagi 1:12 NLV). Eer of onteer jou werksgewoontes die Here? Dink daaroor na! Dit is hoekom Paulus geskryf het: "Maar ek hou aan jaag om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Syne gemaak het!" Kom aan - jy kan beter doen!

Bron: Radiokansel

 
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Next > End >>

Page 1 of 223

Subscribe to our newsletter

Every weekday we send out an inspirational email containing the latest additions to this website. Subscription is free and you don't have to join our church :)


East Timor.png
Algeria.png
Kazakhstan.png