Paulus skryf: "...ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker:... Ek jaag wenpaal toe..." (Filippense 3:13-14 NLV). Dit inspireer ons wanneer 'n leier sy suksesverhale met ons deel. Maar soms help dit ons meer as hy sy teleurstellings met ons deel. In sy boek, Leadership Gold, skryf Dr. John Maxwell openlik oor sy tekortkominge:
"Ek is ongeduldig; ek is onrealisties oor die tyd wat dinge opneem en oor hoe kompleks meeste prosesse regtig is. Ek hou nie daarvan om baie tyd of moeite te wy aan mense se emosionele probleme nie. Ek oorskat ander mense se vermoëns. Ek maak te veel aannames. Ek wil te gou verantwoordelikhede delegeer. Ek wil opsies hê, en maak mense in die proses mal. Ek steur my nie aan reëls en regulasies nie. Ek prioritiseer maklik en verwag dat ander mense net sal inval. Ek verwerk kwessies vinnig en wil aanbeweeg terwyl ander mense nog nie gereed is nie."
Ons het almal dinge waaraan ons gedurig moet werk. Iemand het gesê dat die fout van die jeug is om te glo dat intelligensie 'n plaasvervanger is vir ervaring, terwyl ouer mense glo dat ervaring 'n plaasvervanger is vir intelligensie. Die waarheid, jonk of oud, is dat ons nooit moet ophou groei nie. Wees tevrede met wat jy het, maar nooit met wat jy is nie. Persoonlike groei is soos fietsry: óf jy beweeg vorentoe, óf jy val af. In watter areas van jou lewe kan jy meetbare groei sien? In watter areas moet jy nog groei? Groei gebeur slegs wanneer jy die nodigheid daarvoor erken, en jouself daaraan toewy!
Bron : Radiokansel
| < Prev | Next > |
|---|
Home
CUM Books
Articles and Stories
Devotionals
Multimedia
Humor & Cartoons
Comments

