Latest Articles
- Suffering for the Salvation of Another
- Listening to your heart
- Moet nooit ophou groei nie
- Of primary importance
- When You See Jesus
- A conspiracy of kindness
- God of Geld?
- Practicing With Wet Footballs, Just In Case
- The Miracle of the Carpenter
- Who's your hero?
- It Was Those Deacons
- WHAT I DUN
- Being Valentine
- Give thanks for your friends
- Rentmeesterskap
Latest additions to website
- Gray hair, Hunting, Revealing secrets
- Interesting Facts # 394
- Suffering for the Salvation of Another
- Altar Call, Windshield, GPS backup
- Interesting Facts # 393
- Listening to your heart
- Not to be eaten, The Lords Prayer, Birthday presents
- Interesting Facts # 392
- Moet nooit ophou groei nie
- Of primary importance
- the Paper, New policy, Late night call
- Interesting Facts # 394
- When You See Jesus
- Draai terug na God
- Wat kan ek glo?
- The Principle of the Path
- Tax savings, Siblings, Honesty
- Interesting facts # 393
- A conspiracy of kindness
- Reigniting Your Passion For God
- Interesting Facts # 392
- God of Geld?
- Practicing With Wet Footballs, Just In Case
- Museum, Black Death, Parked vehicle
- Man's Best Friend, Good lawyer, Marksman, Hard Work
- Interesting Facts #391
- The Miracle of the Carpenter
- School play, Fishing, New address
- Interesting Facts # 390
- Who's your hero?
| Na watter stem luister jy? |
|
|
|
| Written by STRAATWERK | |||
|
Stemme wat aanmoedig en bevestig, klink vêr. Maar stemme wat verlei en verlok klink naby. Die stemme wat Jesus gehoor het, het ook iets belowe. "Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: Hierdie man is regtig die profeet, die Een wat na die wêreld sou kom. Jesus het egter agtergekom dat hulle op die punt staan om Hom te gryp om Hom koning te maak. Hy het toe verder die berg uitgeklim, net Hy alleen." (Johannes 6:14-15) Vir die terloopse waarnemer is dit stemme van oorwinning. Klanke van triomf - wat kan beter wees? Die mense het alles gehad wat hulle nodig het vir 'n rewolusie. Hulle het 'n vyand gehad: Herodes. Hulle het 'n martelaar gehad: Johannes die Doper. Hulle het meer as genoeg voorrade gehad: Jesus die broodmaker. En hulle het 'n koning gehad: Jesus van Nasaret. Ja, Jesus hét die stemme gehoor. Hy hét die versoekings gehoor. Maar, Hy hét ook 'n ander stem gehoor. Hy het verder die berg opgegaan, Hy alleen. Dit was nie logika wat vir Hom gesê het om die mense weg te stuur nie. Dit was nie konvensionele wysheid wat vir Hom gesê het om Sy rug te draai vir 'n gewillige leërmag nie. Nee, dit was 'n stem van buite af wat Jesus gehoor het. Die kenmerk van 'n skaap is sy vermoë om die herder se stem te hoor. (Johannes 10:3) Die kenmerk van 'n dissipel is sy vermoë om die stem van die Meester te hoor. Die wêreld hamer teen jou deur en gaan dit onophoudelik bly doen in 2010. Ons weet dat 'n Stem met Noag en Moses gepraat het en 'n Stem het sy opvolger, Josua, moed ingepraat. Daar was 'n Stem in Samuel se tyd, in Jesaja s'n, in Jeremia s'n en in Paulus s'n. En ons weet van 'n Stem wat met Jesus gepraat het, en van die woorde wat nog nooit voorheen gehoor is nie: "...Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek my." (Markus 1:11) Milleniums later het ons iets begin besef van wat Abraham en ander pynlik en stadig sou leer: iets van die karakter van daardie Stem. Beloftes wat vanuit die hemel gemaak word, is beloftes wat gehou sal word; dat voorskrifte wat gegee word, betroubaar sal wees; dat daar iets is soos 'n toekoms, en dat die moontlikhede daarvan onbeperk is. Mag jy op jou reis in 2010 sensitief bly vir Sy Stem te midde van die wêreld se geraas rondom ons. Seënwense Fourie en almal by STRAATWERK. (www.straatwerk.co.za)
|




Jy het hulle al gehoor. Hulle sê vir jou om jou integriteit te verruil vir "iets beters". Om jou oortuigings te verruil vir 'n goeie transaksie. Die stemme van die menigte. Ons lewe voel baie keer so chaoties soos Johannesburg se aandelebeurs, weergalmend van eise. Koop, verkoop, verhandel, verruil. 'n Eindelose koor van bulderende stemme: sommige bied aan, ander neem weg en almal skree gelyk.