Latest Articles
- Suffering for the Salvation of Another
- Listening to your heart
- Moet nooit ophou groei nie
- Of primary importance
- When You See Jesus
- A conspiracy of kindness
- God of Geld?
- Practicing With Wet Footballs, Just In Case
- The Miracle of the Carpenter
- Who's your hero?
- It Was Those Deacons
- WHAT I DUN
- Being Valentine
- Give thanks for your friends
- Rentmeesterskap
Latest additions to website
- Gray hair, Hunting, Revealing secrets
- Interesting Facts # 394
- Suffering for the Salvation of Another
- Altar Call, Windshield, GPS backup
- Interesting Facts # 393
- Listening to your heart
- Not to be eaten, The Lords Prayer, Birthday presents
- Interesting Facts # 392
- Moet nooit ophou groei nie
- Of primary importance
- the Paper, New policy, Late night call
- Interesting Facts # 394
- When You See Jesus
- Draai terug na God
- Wat kan ek glo?
- The Principle of the Path
- Tax savings, Siblings, Honesty
- Interesting facts # 393
- A conspiracy of kindness
- Reigniting Your Passion For God
- Interesting Facts # 392
- God of Geld?
- Practicing With Wet Footballs, Just In Case
- Museum, Black Death, Parked vehicle
- Man's Best Friend, Good lawyer, Marksman, Hard Work
- Interesting Facts #391
- The Miracle of the Carpenter
- School play, Fishing, New address
- Interesting Facts # 390
- Who's your hero?
| Draai om en luister na God |
|
|
|
| Written by Radiokansel | |||
|
Het jy rigting in jou lewe nodig? Staan stil, draai om en luister na God. Wat Hy wil sê is belangriker as enigiets anders wat jy sal hoor. Bron: Radiokansel
|




Moses het, soos elke ander dag, skape opgepas toe hy 'n brandende bos in die veld gesien het. Dit was nie 'n vreemde verskynsel nie, maar hierdie bos was anders - dit was brandend met God se teenwoordigheid. Moses het gesê: "Laat ek gaan kyk wat aangaan." In daardie oomblik het alles afgehang van Moses se bereidwilligheid om sy normale roetine te onderbreek en tyd te maak vir God. Hy kon gesê het: "Ek is te besig", en voortgegaan het met sy werk. Maar dan sou hy sy roeping en die rede vir sy bestaan gemis het. Nou het hy wel omgedraai en geluister. God wou 'n nuwe volk bymekaarbring, met Moses wat hulle lei. Die tydsberekening het vreemd voorgekom, wat dikwels die geval is met God se planne. Veertig jaar gelede was Moses jonk, fyn opgevoed, met invloedryke vriende en groot drome. Maar nou was hy net 'n armsalige skaapwagter in 'n vergete woestyn, 'n vlugteling en uitgestotene. "Maar wie is ek dan om voor die farao te verskyn?" (Eksodus 3:11 NLV). Moses het vir God gesê dat hy nie goed kon praat nie, dat niemand hom ken nie en dat sy verlede verdag was. Maar God het gesê dat Hy al hierdie dinge weet en dat dit nie saak maak nie. Dat sy mislukkings en tekortkominge nie al is waarvoor hy staan nie. Dat hy is wat hy is, maar nog nie is wat hy met God se hulp kan wees nie.