Subscribe and receive a devotional 3 times a week containing inspiration and humor published on this site. Your information is safe and will not be shared with anyone. | Teken in vandag en ontvang ons dagstukkie en humor 3 maal per week. Jou inligting is veilig en word nie met enige ander persoon gedeel nie.
Dink jy aan opgee? Moenie! PDF Print E-mail
Written by Radiokansel   

Handel2201George Frideric Handel was 'n musikale wonderwerk. Op een-en-twintig was hy reeds 'n klawerbord genie en toe hy begin komponeer het, het hy dadelik roem verwerf. Hy het Engeland toe verhuis en daar nog meer bekend geword. Op veertigjarige ouderdom was hy wêreldberoemd, maar ten spyte hiervan het hy noemenswaardige teenspoed geken. Kompetisie met Engelse komponiste was straf. Gehore was onvoorspelbaar: soms het hulle nie opgedaag vir sy vertonings nie. Hy was 'n slagoffer van die heersende politiek en was 'n paar keer op die rand van bankrotskap. Sy probleme is vererger deur sy swak gesondheid. 'n Beroerte het sy regterarm verlam en die gebruik van vier van sy vingers belemmer. Hoewel hy mettertyd herstel het, het hy as gevolg van sy gebrek aan depressie begin ly. Uiteindelik, op ses-en-vyftig, het Handel besluit om uit te tree. Mismoedig en diep in die skuld, was hy oortuig daarvan dat hy in die tronk sou beland. Op 8 April, 1741, sou hy sy laaste poging tot 'n konsertuitvoering gee. Maar daardie jaar het iets merkwaardig gebeur. 'n Welgestelde vriend genaamd Charles Jennings het Handel besoek en sy skryfwerk - 'n stuk oor die lewe van Christus - met hom gedeel. Dit het Handel só gefassineer dat hy dadelik begin skryf het. Die sluise van inspirasie het oop gebreek - soveel so dat hy vir drie weke aaneen geskryf het. Nog twee dae het hy geskryf aan die orkestrasie. Binne 24 dae het hy die 260-bladsy manuskrip van "Die Messias" voltooi. Dink jy aan opgee? Moenie! "Staan baie vas."

Bron: Radiokansel

 

Subscribe to our newsletter

Every weekday we send out an inspirational email containing the latest additions to this website. Subscription is free and you don't have to join our church :)


Moldova.png
Albania.png
Belize.png