Worries

Veertig persent van die dinge waaroor ons ons bekommer, gebeur nooit nie. Dertig persent het alreeds gebeur. Twaalf persent fokus op opinies en situasies wat ons nie kan verander nie. Tien persent raak ons gesondheid, wat net vererger word daardeur. Agt persent raak regte probleme wat ons wel kan beïnvloed. Dink daaroor: Twee-en-negentig persent van die tyd bekommer ons ons verniet!

Die woord "bekommernis" het sy oorsprong in 'n Griekse woord wat beteken "om die verstand te verdeel." Angs sny ons middeldeur. In plaas van om môre se probleme weg te neem, beroof dit ons van vandag se energie. En wie kan bekostig om energie te verloor? "Maar hoe kan ek ophou om myself te bekommer?" Paulus bied 'n tweeledige antwoord: God se deel en ons deel. Ons deel sluit gebed en dankbaarheid in. "Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen." (Fil 4:6 NLV) Wil jy minder bekommerd wees? Bid meer! En wys dat jy dankbaar is. En wat is God se deel? "As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat 'n mens ooit kan dink. Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos 'n veiligheidswag oppas." (Fil 4:7 NLV) 'n Gelowige gebed bring God se vrede. Doen jou deel deur te bid en dankbaar te wees, en Hy sal die res doen!

Bly gefokus op jou doelwitte. Hou jou oë op die prys wat God voor jou gestel het. As die vyand jou nie kan oorwin nie, sal hy probeer om jou aandag af lei met minder belangrike dinge of jou probeer diskwalifiseer deur swak besluite te neem. In ieder geval sal dit beteken dat hy wen en jy verloor!

Kopiereg 2009 Radiokansel